Tiger Brands se aandeelprys kry slae

09 March 2018 | Sakenuus
Die aandeelprys van Tiger Brands, die voedselreus wat in die listeriose-skandaal vas­gevang is, het Woensdag verder getuimel.

Die aandeel het teen sluitingstyd verhandel op R371,16, wat reeds R53,87 minder is as verlede Vrydag se sluitingsprys van R425 per aandeel.

Sondag het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, aangekondig dat polonie en produkte van die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane die bron is van die grootste uitbreking nóg van listeriose ter wêreld. Dié handelsmerk is in Tiger Brands se stal en die maatskappy het dadelik al die produkte herroep.Bederfbare voedsel behels net 1,7% van Tiger Brands se binnelandse voedselondernemings wat sowat R24 miljard werd is. Ontleders meen egter die skade aan sy handelsnaam knou die maatskappy in sy geheel en dit is waarom hy deur aandeelhouers gestraf word.

Lawrence MacDougall, uitvoerende hoof van Tiger Brands, se ontkenning dat sy ­maatskappy direk met die dood van 180 mense verbind kan word weens listeriose, is ook met kritiek begroet. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Resessie klou verbete

7 ure gelede | Regering

Jo-Maré DuddyMet groei van -0,8% in die derde kwartaal het Namibië sy taaiste drie maande nóg vanjaar beleef en sit die twee swaargewigte wat die...

Meteoorreën bereik sy piek

7 ure gelede | Weer

Elvira HattinghNamibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op...

Vuurkuns

7 ure gelede | In beeld

Clinton Fisch het hierdie besondere foto geneem deur staalwol aan die brand te steek en dit tussen staaldrade in te druk wat in die rondte...

Weer, Vrydag 14 Desember 2018

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig in die suidweste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele dondebuie wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Eksamenuitslae Donderdag bekend

7 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak. Die uitslae sal op die...

Unam-studente moet meer opdok

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land het die universiteitsraad...

1,6 miljoen toeriste kom kuier in 2017

7 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Toerisme het met 2,2% van 2016 af tot verlede jaar gegroei, en 1 608 018 buitelandse toeriste het Namibië in 2017 by...

Standvastig en dapper

7 ure gelede | Mense

Jemima BeukesHuldeblyke stroom in vir die vryheidsveteraan mnr. Petrus Iilonga wat Dinsdagaand op 71-jarige ouderdom gesterf het. Iilonga was 'n voormalige vakbonds­man en politieke gevangene...

Gemeenskap van Okahandja eis antwoorde

7 ure gelede | Regering

Gemeenskapslede van Okahandja het tydens 'n vergadering hul misnoeë met die dorp se huidige bestuur uitgespreek. Mnr. Petrus Gariseb, 'n gemeen­skapsaktivis, het onder andere vir...