Tientalle oorleef ongeluk buite Otjiwarongo

Ronelle Rademeyer
'n Negejarige seun is laat Vrydagaand ernstig beseer in 'n ongeluk sowat 25 km suid van Otjiwarongo waarin 'n bus 'n stilstaande bakkie getref en dié voertuig tot voor 'n aankomende sedan gestamp het.

Nampa berig daar was 52 mense in die 65-sitplekbus en vyf insittendes in die sedan.

Insp. Lucia Kahuure van die polisie in die Otjozondjupastreek het aan Nampa gesê die ongeluk het om 20:37 op die pad tussen Otjiwarongo en Okahandja plaasgevind.

Volgens haar wil dit voorkom asof die bakkie stilgestaan het in die pad toe die bus dit getref het. Dit is vanweë die impak na die regterkant se baan gedruk, waar die aankomende sedan dit getref het.

Volgens haar was daar niemand in die bakkie toe die polisie by die ongelukstoneel aangekom het nie en wil dit voorkom asof die insittendes van die toneel gevlug het.

Die erg beseerde seun is dieselfde nag nog na die Katutura-staats­hospitaal in Windhoek vervoer.

Nampa berig sake van roekelose en nalatige bestuur is teen die bestuurders aanhangig gemaak.

Intussen berig West Coast Safety Initiative (WCSI) op sy Facebook-blad dat twee mense lig beseer is toe 'n bakkie Donderdag naby Windpomp 14 buite Swakopmund omgeslaan en op sy dak beland het.

Na bewering het die bestuurder beheer oor die bakkie verloor toe dit klippe aan die kant van die pad getref het.

'n 50-jarige vrou is Saterdagaand naby Okakarara dood toe die ­voertuig waarin sy gereis het, 'n vlakvark getref, van die pad geloop en verskeie kere gerol het, berig Nampa.

Sy is as me. Almaline Kauami van die plaas Okarundu geïdentifiseer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!