Tienjarige vir moord ondersoek
Die polisie in die Noorde ondersoek 'n saak van moord nadat 'n 10-jarige seun na bewering die bure se vierjarige seun versmoor het deur sand in sy mond te druk.
Die polisie sê in sy daaglikse misdaadverslag klein Samwel Kasheeta het gister omstreeks 17:00 by die Ashipepe-nedersetting naby Onghumbula alleen saam met die bure se 10-jarige seun gespeel toe die voorval plaasgevind het.
Dit blyk Samwel het versmoor toe sy maatjie glo sand in sy mond gedruk het.
In 'n ander skokkende voorval word die verberging van 'n geboorte in Wanaheda by Windhoek ondersoek nadat 'n leerling op die liggaam van 'n baba afgekom het waaraan honde besig was om te vreet.
Dié gru-ontdekking is vieruur Woensdagmiddag gemaak.
Volgens die polisie word vermoed die baba is deur die ma daar weggegooi.
Mense met inligting oor die ma se identiteit kan adj.komm. Abner Agas by 081 124 2649 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie