Tienerswangerskappe ry Tsumkwe
Alle vorms van tienerhuwelike, insluitende dié wat deur kulturele, tradisionele of geloofspraktyke aangevuur is, is onwettig.
‘n Hoë aantal skoolmeisies en –seuns wat tradisioneel getroud is, gaan steeds formeel op Tsumkwe skool.
Volgens die adjunkminister van basiese onderwys, kuns en kultuur, me.
Anna Nghipondoka Nghipondoka, het meer as 50 getroude skoolmeisies aan die senior sekondêre skole Gam en Tsumkwe in 2018 swanger geraak.
Tydens ‘n ontmoeting met ouers het Nghipondoka haar skok oor die omstandighede uitgespreek.
“Ons kan nie ‘n skoolmeisie as vrou en ‘n skoolseun as man in ‘n klaskamer hê nie, ons onderwysbeleid laat dit nie toe nie,” het sy beklemtoon.
Volgens haar is daar wel ‘n beleid wat swanger meisies toelaat om skool by te woon – ook ná die swangerskap, maar dít geld nie getroude pare nie.
Nghipondoka het gesê dié omstandighede kan meisies se skoolprestasie beïnvloed.
Sy het ‘n beroep op ouers gedoen om hul kinders af te raai om tienerhuwelike aan te gaan, en skoolmeisies teen kulturele praktyke te beskerm wat hul opvoeding ontwrig.
Volgens mnr. Chris Muatjetjeja, die senior sekondêre skool Gam se skoolhoof, is sy hande afgekap omdat dié huwelike algemeen voorkom en deur die betrokke leerlinge se ouers goedgekeur word.
“Ouers sê dis nie ‘n probleem nie, dit is hul kultuur. Dit is hulle wat dié tipe huwelike goedkeur,” het hy gesê.
Volgens hom het meer as 30 meisies in sy skool in onderskeidelik graad 11 en 12 in 2017 by hul sogenaamde mans swanger geraak.
Volgens ‘n ouer laat tradisie dit toe dat niggies en neefs met mekaar trou wanneer hulle ‘n “redelike ouderdom” bereik het.
“Ons doen dit om ons familiewortels bymekaar te hou. Dit is dus nie ‘n probleem nie – van ons het volgens ‘n tradisionele ooreenkoms tussen 16 en 19 jaar getrou en hier is ek, niks sleg het met my gebeur nie,” het die een ma gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie