Tienerswangerskappe ‘n ‘tragedie’

Meer as 1 000 leerlinge in Khomas nuwe ma’s

31 July 2019 | Gesondheid
Jemima Beukes – Die Khomasstreek het 89 tienerswangerskappe in die eerste termyn van die jaar aangeteken, terwyl 1 002 leerlinge tussen 2015 en 2018 swanger geraak het.

Die Namibiese ombudsman, adv. John Walters, het dit as ‘n “tragedie” beskryf, terwyl die adjunkminister van geslag, me. Lucia Witbooi, sê daar is “geen verskoning” vir jong meisies om swanger te raak as seksonderrig geredelik beskikbaar is nie.

Die direktoraat van onderwys in die Khomasstreek het syfers aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun vrygestel ná ‘n navraag oor verwante statistieke uit die Oshanastreek waar 88 leerlinge, ingesluit twee graad 7-leerlinge, in die eerste termyn swanger geraak het.

Volgens die direktoraat in Khomas het 80 hoërskoolleerlinge, vyf laerskoolleerlinge en vier leerlinge aan hulpbron- of spesiale skole in die streek in die eerste termyn swanger geraak.

In 2018 is 268 tienerswangerskappe aangeteken, teenoor 180 skoolmeisies in 2017. In 2016 was dit 266 en in 2015 288 leerlinge.

Volgens die direkteur van onderwys in die streek, mnr. Gerard Vries, is daar ‘n raamwerk wat onderwysers en volwasse ondersteuningspersoneel by skole verplig om swanger leerlinge te ondersteun.

“Die meisies word nie noodwendig uitgesonder nie; die seuns word ook vir berading gestuur. Die ideaal is dat leerlinge in die skool bly of na die skool terugkeer. Ons doen alles in ons vermoë om te verseker dít is moontlik,” het hy gesê.

Volgens Vries betrek die minderheid gevalle volwasse mans en word dit as verkragting aangemeld.

Volgens die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) se statistieke het die Kunene-, Omaheke- en Kavangostreek ‘n tienerswangerskapkoers van meer as 30% in vergelyking met die nasionale koers van 19%.

Die kinderregte-aktivis me. Rosa Namises sê dié koers is ‘n noodkreet.

Sy het bygevoeg kinders wat met gestremdhede leef en spesiale skole bywoon, het sorg en liefde die meeste nodig.

“As spesiale skole ingesluit word en jy skenk oorweging aan die weerloosheid van die meisies, kom dit neer op verkragting. Baie belangrik is om te sien wie die mans is, want ek kan jou verseker die meeste is volwasse mans,” het sy gesê.

“Ons het nou optrede nodig. Ons het nodig dat die minister van geslag en vroulike ouers intree en optree. Selfs mense soos Rosa Namises moet ook ophou kommentaar lewer. Ek het ‘n plan van aksie wat ons moet implementeer.”

Walters het sy skok oor die swangerskappe in laerskole uitgespreek en Namises se mening gedeel dat dit “maklik is om te praat”.

“Wat doen ons as ouers en rolspelers om ons jong meisies en seuns te leer om nie seks op skool te hê nie? Dit wil voorkom of daar geen voorkomende openbare onderrig vir leerlinge is nie,” het hy gesê.

Volgens Walters moet ‘n oplossing gevind word en moet ouers begin om openlike en eerlike gesprekke met hul kinders te hê.

“Ek dink nie ons doen veel om die kwessie te pak nie. Dit is ‘n tragedie dat ‘n jong meisie nie met haar onderrig kan voortgaan omdat sy skielik ‘n ma is nie.”

Witbooi het gesê haar ministerie takel die kwessie wel, maar het ook erken daar word nie genoeg gedoen nie.

Sy het bygevoeg sommige meisies is moontlik nie bewus van die gevolge van onbeskermde seks nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

14 'wildmisdadigers' vas

4 ure gelede | Misdaad

Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede weke in hegtenis geneem, van wie vier elk in verband met renoster- en olifantstropery of horing- of ivoorsmokkelary of...

Verklaar raad nietig, sê Itula

21 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

21 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

21 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

21 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

21 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...