Tieners en die internet: Opname skok
Tieners en die internet: Opname skok

Tieners en die internet: Opname skok

Volgens die presidentsvrou se kantoor hou die internet verskeie gevare vir tieners in.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Sowat 68% van Namibiese kinders tussen die ouderdomme van 13 en 17 jaar het al seksuele inhoud aanlyn gesien sonder dat dit hul ­intensie was.

Sowat 29% is ook al aanlyn aan ­kinderpornografie blootgestel.

Me. Veronica Theron, senior maat­skaplike werker van die kantoor van die eerste dame, het Maandag tydens 'n konferensie oor kuber­veiligheid gesê 'n opname wat verlede jaar gedoen is, het skokkende ontdekkings oor Namibiese kinders en die internet opgelewer.

Die Namibië Universiteit van ­Wetenskap en Tegnologie (Nust) het hierdie konferensie vir parlements­lede aangebied.

“Sowat 31% van tieners in Namibië het al seksueel eksplisiete foto's van mense ontvang wat hulle nie ken nie, terwyl net 47% van kinders sê hulle het met hul ouers hieroor gepraat.

“Terselfdertyd het al meer jeugdiges toegang tot die internet. Slegs 7% van tieners sê hulle gebruik nie 'n selfoon of die internet nie. Afgesien van die voordele van die internet, hou dit risiko's in vir jongmense indien dit nie goed bestuur word nie,” het Theron gesê.

Volgens die opname is die gewildste aktiwiteit vir beide seuns en meisies om na flieks, video's of aanlyn televisie te kyk.

“Sowat 46% van seuns en 43% van meisies doen dit meer as een keer 'n week. Ander gewilde internetaktiwiteite sluit in skoolwerk vir meisies, terwyl tieners graag ook sosiale media gebruik en inligting oor gesondheid opsoek.”

Theron het gesê verskeie gevare skuil op die internet.

Die eerste daarvan is grooming – dit verwys na die seksuele “gereedmaak” van kinders. Volwassenes sal hulle aanlyn benader met die doel om hulle in werklikheid vir ­seksuele doel­eindes te ontmoet.

“Sexting is die stuur van seksueel eksplisiete teks, foto's en video's via die internet.

Boonop word seksueel eksplisiete inhoud, waarby kinders onder die ­ouderdom van 18 betrokke is, as ­kinderpornografie gekategoriseer.”

Theron het verwys na 'n saak wat deur hul kantoor hanteer is, waar skoolmeisies deur middel van kinderpornografie uitgebuit is. Daar kan nie vordering met die saak gemaak word nie, omdat huidige wette in Namibië nie voorsiening daarvoor maak nie.

“Tot die wet op elektroniese ­transaksies en kubermisdaad nie goedgekeur is nie, kan mense wat ­kinderpornografie besit, verkoop of versprei nie in Namibië vervolg word nie. Die huidige wet op kinderbeskerming maak slegs voorsiening daarvoor om diegene te vervolg wat dit vervaardig,” het sy gesê. Theron het ook daarop gewys dat slagoffers deur advertensies op die internet gelok word, waar modelle byvoorbeeld gesoek word en beloftes gemaak word van onder meer oorsese werk en baie geld.

“Dit is dikwels meisies uit gebroke huise wat in dié lokval trap,” het sy gesê.

“Nog 'n gevaar vir tieners op die internet is sextortion, waartydens gedreig word om seksuele foto's of inligting bekend te maak indien die slagoffer nie sekere seksuele gunsies doen nie.

“Dit gebeur byvoorbeeld wanneer 'n voormalige kêrel sê hy sal sy meisie se naakfoto's vir die hele skool stuur as sy hom nie terugneem of ­seksuele gunste bied nie,” het Theron gesê.

Sy het verwys na internetplatforms soos Nam Confession, waar tieners skynbaar skokkende onthullings maak – waar of onwaar.

“Tieners maak ook sogenaamde 064- of 061-video's. Hulle sê hulle is nie verveeld nie en wag ook nie op Hollywood nie, maar maak hul eie pornografie,” het sy gesê.

Kuberboeliery is nog 'n gevaar.

“Kuberboeliery en ander soort­gelyke kubermisdade het 'n verlammende emosionele en sielkundige uitwerking op die slagoffers en hul families Dit kan net deur ­voldoende wetgewing die hoof gebied word,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%