Tienermeisie steek baba glo in tas weg
Tienermeisie steek baba glo in tas weg

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.

OMUTELE

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die meisie glo, nadat sy omstreeks 01:00 geboorte aan 'n babaseuntjie geskenk het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai en sy liggaam in 'n tas onder haar bed in haar kamer weggesteek.

"Die meisie, 'n graad 8-leerling van die Ondjamba Gekombineerde Skool, is die oggend skool toe. Haar voog het omstreeks 10:00 in die meisie se kamer ingegaan en oral bloed gesien en die polisie om 12:00 daarvan ingelig," het adj.komm. Naomi Katjiua, koördineerder van misdaadondersoeke in die Oshikotostreek, aan Nampa gesê.

Volgens Katjitua is die meisie ná haar inhegtenisname in die hospitaal op Omuthiya opgeneem en is sy onder polisiebewaking.

WANAHEDA

Voorts is 'n 34-jarige vrou ook Dinsdag omstreeks 13:00 in die One Nation-lokasie in Wanaheda in die hoofstad in hegtenis geneem vir die moord op haar baba en die verberging van 'n geboorte.

Volgens die misdaadverslag word beweer die vrou het in Februarie vanjaar in ’n toilet in die Shadubala-lokasie geboorte aan haar baba geskenk.

"Sy het haar baba na bewering vermoor en die liggaam in haar kamer in die One Nation-lokasie begrawe."

Die voorval is deur die baba se pa aan die polisie gerapporteer. Die polisieondersoek duur voort.

'n Tienermeisie (16) is Dinsdag by die Opembe-Longa-nedersetting naby Omutele in die Oshikotostreek in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.

'n Nadoodse ondersoek sal bepaal of die baba by geboorte gelewe het en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!