Tiener-vliegfoendies land in Windhoek
Tiener-vliegfoendies land in Windhoek

Tiener-vliegfoendies land in Windhoek

Tanja Bause
Vier avontuurlustige Suid-Afrikaanse tieners het gister met hul selfgeboude Sling-4 ligte vliegtuig op Windhoek se Eros-lughawe geland en leerlinge van Windhoek Gimnasium daarná toegespreek. Hulle het Saterdag van Kaapstad na Lüderitz gevlieg en toe na Sossusvlei. Die vier is deel van 'n span van 20 tieners wat beurte sal maak om die vliegtuig, wat gewone motorbrandstof gebruik, op sy nooiensvaart oraloor Afrika te neem. Die span het die vliegtuig in slegs twee weke onder toesig van gekwalifiseerde fabriekspersoneel van Suid-Afrika se Airplane Factory, U-Dream Global-mentors, asook spanleiers van Denel Aviation gebou. Hul beplande roete strek oor een maand van Kaapstad tot Kaïro en weer terug. Van links is Driaan van den Heever, Megan Werner (stigter van U-Dream Global), Agnes Keamogetswe Seemela en Abel Dlamini op Eros-lughawe. Foto Facebook/Shabach Aviation

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!