Tien vas oor wildstropery

12 August 2019 | Howe
Francoise Steynberg



Tien vermeende wildstropers verskyn vandag in die landdroshof op Otjiwarongo nadat hulle Vrydag op Kalkfeld in hegtenis is.

Hulle sal op klagte van onwettige jag en die besit van wildsvleis sonder 'n geldige permit verskyn. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjzon­djupastreek, insp. Maureen Mbeha, is nege mans en 'n vrou tussen die ouderdomme van 16 en 33 jaar oud in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk van die publiek opgevolg het.

“Vier gemsbokkarkasse is op Kalkfeld in hul besit gevind. Agt van die verdagtes sal in die hof verskyn vir die onwettige jag op twee verskillende plase buite Kalkfeld en twee ander vir die onwettige besit van wildsvleis ter waarde van N$10 800,” het Mbeha gesê. Die polisieondersoek duur voort.

Soortgelyk

 

Nóg ’n rommelklap

11 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Nes die voortslepende resessie is Namibië se jongste rommelkrisis die gevolg van die regering wat verkies om na die “meer polities verteerbare”...

Yslander sidder oor Fishrot-skade

11 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - ’n Bekende viswetenskaplike van Ysland wat met onafhanklikwording deur Swapo na Namibië genooi is om die visbedryf te help ontwikkel, sê hy...

Weer, Maandag 9 Desember 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderbuie in die suidweste en noordooste.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met reënbuie...

Damme kry eerste invloei

11 ure gelede | Weer

Elvira Hatting - Vrydagoggend het NamWater laat weet die Von Bachdam het water gekry. Teen 09:00 Vrydagoggend het 3,4 m³ water die dam elke sekonde...

STEMFEITE: DIE SUIDE

11 ure gelede | Politiek

Die Landless People's Movement (LPM) het ses kiesafdelings in die Hardap- en //Kharasstreke gewen.

Meer as 125 000 verlaat skool in 2017

11 ure gelede | Ministeries

’n Totaal van 44 245 leerlinge het in 2017 die skool verlaat, terwyl 125 394 hul skooljaar moes herhaal. Die meeste van die leerlinge wat...

Ekonomiese nood vuur selfdood aan

11 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith - Nagenoeg 400 mense het tussen Januarie en September 2019 weens selfdood gesterf en kenners waarsku Namibië se ekonomiese krisis, ’n gebrek aan...

Wêreld vergader oor gedwonge bekeringspraktyke

11 ure gelede | Maatskaplik

Berigte van onverdraagsaamheid en diskriminasie teen nuwe godsdiensbewegings en die skending van godsdiensvryheid word ’n internasionale probleem, met al meer nuwe verslae hieroor uit Suider-Afrika....

Skenk nou bloed

11 ure gelede | Gesondheid

Die Namibiese bloedoortappingsdiens (NamBTS) het ’n beroep op alle bloedskenkers gedoen om bloed te skenk voor hulle met vakansie gaan. Volgens me. Zita Tobin, bestuurder...