Tien sterf, 14 beseer in twee ongelukke
Tanja Bause - Ses mense is Donderdag sowat 25 kilometer buite Leonardville in ’n kop-teen-kop-botsing dood.
Nog agt mense is in dieselfde ongeluk beseer waarin 'n Land Cruiser en 'n bakkie betrokke was.
“Ek en ’n werker van my het omstreeks 21:30 op die grondpad tussen Dordabis en Leonardville gery. Ek het 80 km per uur gery omdat ek ook ’n sleepwa getrek het. Ek het die ligte van ‘n ander voertuig van voor gesien aankom.
“Daar is ’n baie hoë bult wat ’n mens moet oor ry en toe ek bo op die bult aankom, was die voertuig reg voor my aan my kant van die pad. Ek het probeer uitswaai, maar dit het baie vinnig gebeur en daar was nie veel wat ek kon doen nie,” het mnr. Boetie Pretorius, die bestuurder van die Land Cruiser, gesê.
Ná die botsing het die werker by die venster uitgeklim en vir Pretorius gesê hy moet uitklim omdat die voertuig aan die brand kon slaan.
“Ek kon nie by my deur uitkom nie en het ook by die venster van die passasierskant uitgeklim. Ek het onmiddellik die polisie gekontak, wat toe uitgekom het.”
Daar was 12 mense in die bakkie waarvan ses op die toneel dood en ses beseer is. Pretorius en sy werker is ook in die ongeluk beseer.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is mee. Hilya Autale, Rauha Autale en mnr. Erastus Amupolo drie van die oorledenes. Die ander is nog nie geïdentifiseer nie.
Die ander voorval het Donderdag om 17:00 gebeur toe ’n voertuig met tien mense in 15 km buite Rietoog die pad verlaat en omgeslaan het. Vier van die passasiers insluitende die bestuurder is dood en ses is met beserings in die hospitaal opgeneem. Die ongeluk het op die grondpad tussen Rietoog en Nabasib plaasgevind. Volgens die polisie was een van die oorledenes ’n vier-jarige kind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie