Tien mense doen voedselvergiftiging in Kunene op

05 January 2017 | Gesondheid
Tien mense is op Kersdag vir voedselvergiftiging in die Opuwo-staatshospitaal behandel.

Die Kunenestreek se gesondheidsinspekteur, me. Barbara­ Kahiha, het aan Nampa gesê vier mense het onlangs in die Okorosave-­nedersetting siek geword nadat hulle hoender van 'n bekende franchise geëet het wat vir 'n paar dae in 'n plastiek­sak gehou is. Ses ander mense het na bewering ook siek geword nadat hulle die vorige dag op Opuwo hoender van dieselfde franchise­ geëet het wat nie meer vars was nie.

Okorosave is ongeveer 25 kilometer van die streek se hoofstad, Opuwo, geleë.

Al die slagoffers is na wat berig word weer gesond en uit die hospitaal ontslaan. - Nampa

Soortgelyk

 

Huis brand op Bethanie

5 ure gelede | Ongelukke

'n Huis in die Riverside-woonbuurt op Bethanie in die //Kharasstreek het aan die brand geslaan. Rookwolke het hemelhoog gestaan, het 'n leser via WhatsApp laat...

Werk stop op Windhoek-Okahandja-pad

8 ure gelede | Infrastruktuur

Catherine Sasman - Teenstrydige antwoorde is gegee of die werk op die tweede fase (oftewel seksie 4A) van die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja opgeskort...

Verdrinkingsaak: Dagmoeder skuldig

18 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw - 'n Vrou in wie se sorg 'n 11 maande oue baba vier jaar gelede in Pionierspark verdrink het, is gister in...

Bakkie rol by vulstasie

18 ure gelede | Ongelukke

Jessica Botes - Die bestuurder van 'n enkelkajuitbakkie wat Sondagoggend op Walvisbaai gerol en byna op 'n brandstofpomp te lande gekom het, is in hegtenis...

Rundu-ongeluk: Vier sterf, vyf beseer

18 ure gelede | Ongelukke

Saterdag het vier mense in 'n ongeluk 15 km buite Rundu gesterf en vyf is beseer. 'n Bakkie en 'n vragmotor het gebots nadat die...

Weer vir 17 Januarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees...

Weer vir 16 Januarie 2017

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die suidelike helfte. Elders sal dit warm tot baie warm wees met enkele donderbuie, maar...

'Onderwysstelsel grootste oorsaak van werkloosheid, misdaad'

18 ure gelede | Onderwys

Estelle de Bruyn - Die Namibiese onderwysstelsel is nog vér van die verwesenli­king van sy gestelde doelwitte van gelykheid en gehalte in onderrig.So sê die...

Omgewingsgroep besoek Chinese ambassade

18 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - 'n Sterk-bewoorde brief van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) wat op 21 Desember aan die Chinese ambassadeur oorhandig is, het...