Tien dood in tweede skietery in VSA
’n Verdagte is gister in hegtenis geneem nadat ’n tweede skietvoorval op die publiek in minder as ’n week in Amerika plaasgevind het.
Tien mense is gister in ’n supermark in die Amerikaanse deelstaat Colorado doodgeskiet. Dit kom nadat agt mense verlede week in die deelstaat Georgia doodgeskiet is.
Die skietery in Colorado het omstreeks 15:00 (Amerikaanse tyd) in die King Soopers-supermark in Table Mesa-rylaan in die Boulder-munisipaliteit uitgebreek.
Dié gebied is sowat 45 km van Denver.
Maris Herold, die plaaslike polisiehoof, het op ’n mediakonferensie gesê Eric Talley (51), die eerste polisielid op die toneel, is onder die tien slagoffers wat in die skietery dood is.
Beeldmateriaal wys hoe die polisie ’n man, wat kaal bolyf en in sy onderklere is, met ’n bebloede been en in boeie van die toneel weglei en in ’n ambulans laai.
Ná verlede week se skietery, waarin hoofsaaklik mense van Asiatiese afkoms doodgeskiet is, is ’n 21-jarige man in hegtenis geneem.
–Netwerk24/Reuters
Foto Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie