Thiem baas in Amerikaanse Ope

14 September 2020 | Sport
Oostenryk se Dominic Thiem kon uiteindelik sy eerste Grand Slam-titel wen ná ’n uitstekende terugvegpoging waarmee hy die Duitser Alexander Zverev in ’n senutergende eindstryd in die Amerikaanse Ope met 2-6, 4-6, 6-4, 6-3, 7-6(8/6) getroef het.
Dit het gelyk asof die tweede gekeurde 27-jarige sy kanse verspeel het toe hy twee stelle agter was.
Hy het egter teruggeveg en sodoende die eerste speler sedert Gaston Gaudio (in die Franse Ope in 2004) geword wat ’n Grand Slam-titel gewen het nadat hy twee stelle agter was.
Thiem, wat voor die eindstryd net een stel verloor het, het dié stryd as die gunsteling betree, maar die senuwees het vroeg gelol toe hy die eerste stel verloor het en Zverev in die tweede met 5-1 voorgeloop het.
Sy aand het so byna in die leë Arthur Ashe-stadion in ’n nagmerrie ontaard.
Die gety het begin draai toe hy die derde stel beklink het, en Zverev daarna met die telling op 3-4 in die vierde stel gebreek is. Dít het toegelaat dat die Oostenryker die vyfde stel kon afdwing.
Met een van die sport se grootste pryse op die spel het albei hul peil in die laaste stel gelig.
Die 23-jarige Zverev, in sy tog om die eerste Duitse speler te word om ’n Grand Slam-titel te wen sedert Boris Becker in 1996 in New York geseëvier het, het koelkop gebly en selfs die geleentheid gehad om die wedstryd met sy afslaan en die telling op 5-3 te beklink.
Die wedstryd het in daardie stadium nie net in ’n fisieke stryd ontaard nie, maar ook ’n sielkundige een.
Eers het Zverev die kans laat glip, waarna Thiem, op 6-5, ook nie sake met sy eie afslaan kon beëindig nie.
Dit was die eerste keer in die Amerikaanse Ope se geskiedenis dat ’n valbylpot in die vyfde stel betree is.
Die klimaks van die wedstryd was toe Thiem die voortou met 6-4 neem en Zverev met sy afslaan gesukkel het.
Hier is die wipplankstryd voortgesit, met Thiem wat eindelik net-net genoeg in die tenk gehad het.
“Dit is ongelooflik hoe ver ons gekom het om in hierdie oomblik te kon deel, en ek wens regtig dat ons vandag twee wenners kon hê. Ek dink ons het dit albei verdien,” het Thiem ná afloop van sy oorwinning gesê.
Thiem, wat ná Thomas Muster se titel in die Franse Ope in 1995 nog net die tweede Oostenryker is om ’n Grand Slam te wen, het al drie sy vorige eindstryde verloor.
Hy het in sy twee eindstryde in die Franse Ope op die kleibaan teen Rafael Nadal vasgeval en vroeër vanjaar teen Novak Djokovic in die Australiese Ope die knie gebuig.
Hierdie slag was sy roete egter ietwat vergemaklik met Nadal wat besluit het om nie deel te neem nie weens die Covid-19-pandemie, Roger Federer wat beseer is en Djokovic wat gediskwalifiseer is nadat hy ’n lynregter met die bal raakgeslaan het.
Dinge in Flushing Meadows is normaalweg nooit ’n uitgemaakte saak nie.
Zverev se peil op pad na die eindstryd het veel na wens oorgelaat, maar hy het Sondag hier op sy beste gelyk.
Die eerste stel het 30 minute geduur en toe Zverev met 5-1 voor was in die tweede, het ’n geskokte Thiem raadop na Nicolas Massu, sy afrigter, gekyk.
Dit was dalk te laat vir die Oostenryker om die tweede stel te beklink, maar hy het hier sy spel begin omkeer.
Daar was geen tekort aan drama voordat Thiem plat op sy rug geval het ter viering daarvan die feit dat hy die eerste speler gebore in die 1990’s geword het wat ’n Grand Slam-manstitel verower het.
Dit was ook die enigste keer sedert Stan Wawrinka se sege in die Amerikaanse Ope in 2016 dat dié titel nie agter die name van Nadal, Djokovic of Federer geskryf is nie.
– Reuters, Netwerk24

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

7 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

12 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

22 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

22 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

22 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

22 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

22 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...