Theresa May staan sterk sonder ‘Brexiteers’
Dit was ’n blou Maandag vir Theresa May, die premier van Brittanje.
Twee van haar drie “Brexiteers” het bedank. Eers David Davis, Brittanje se minister gemoeid met Brexit, en toe Boris Johnson, minister van buitelandse sake. Liam Fox, handelsminister, is die derde lid van May se kabinet wat sterk ten gunste van Brexit is. Hy klou nog, ten spyte van May se plan om nog noue bande met die Europese Unie te handhaaf nadat Brittanje volgende Maart uit die handelsblok tree.
May het egter haar man gestaan tydens ’n taai vraesessie in die parlement en is later deur parlementslede van die Konserwatiewe Party in ’n private vergadering toegejuig.
GULDE GELEENTHEID
Ontleders meen dit is nou, te midde die rebellie, ’n gulde tyd vir die party om van May ontslae te raak. Sy het juis verlede Vrydag gespog oor die eenheidsgevoel in haar kabinet, nadat sy aangekondig het dat sy na twee jaar se onderhandelinge ’n ooreenkoms oor Brexit kon afhandel, wat uiteraard Brittanje se grootste verandering in handelsbeleid in die laaste 50 jaar is.
Die wat lojaal bly aan haar en so ook die sogenaamde “eurosceptics” is dit egter eens dat May sterk staan en vir nou haar werk kan hou, terwyl die regering gereedmaak vir die volgende stap in die onderhandelings met die Europese Unie (EU) in Brussel.
In sy bedankingsbrief Maandag het Johnson gekla oor “noodsaaklike besluite” wat uitgestel is, wat uiteraard ’n “semi-Brexit” tot gevolg het omdat Brittanje nie van sekere van die Europese Unie se reëls en regulasies sal kan wegbeweeg nie.
“Ons stuur af op ’n status as kolonie,” skryf hy.
Davis het om die beurt by sy bedanking gesê May se plan is gevaarlik en gee “te veel, te maklik weg”.
Dominic Raab het Davis vervang.
Jeremy Hunt, die voormalige minister van gesondheid, is in Johnson se plek aangewys. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie