Tenteskole nog nie gereed

Volgens die adjunkdirekteur van onderwys vir programme en gehalteversekering het kinder4s ’n reg op opvoeding.
Tanja Bause
Tanja Bause – Binne die volgende twee tot drie weke behoort meer as 4 000 leerlinge van drie verskillende skole in tente in Havana gehuisves te word.

Op die oomblik is daar 42 tente opgerig op die grond waar die ministerie van onderwys, kuns en kultuur in die toekoms die Sekondêre Skool Havana gaan bou.

Die tente kan kinders van graad 1 tot 12 van verskillende skole akkommodeer

Sestien van die tente is egter Dinsdag tydens ’n reënbui, wat met ‘n sterk wind gepaard gegaan het, omgewaai. Volgens die adjunkdirekteur van onderwys vir programme en gehalteversekering, mnr. Paulus Levine, het die Namibiese weermag gister namiddag gehelp om die tente weer op te slaan. Die kinders wat gister by die skool opgedaag het is tydelik weggewys.

“Ons vertrou dat hulle nou sal bly staan en dat die sowat 1 000 leerlinge van graad 8 tot 12 van môre af kan skoolgaan.”

Dit is die kinders wat in die toekoms in die nuwe Sekondêre Skool Havana sal skoolgaan. Die skool sal op die plaas 508 gebou word.

“Die grondverskuiwings is reeds gedoen en bouwerk behoort in Augustus te begin.”

Volgens hom sal daar leerlinge van drie verskillende skole van die Havana- informele nedersetting voorlopig in die tente gehuisves word.

“Die Primêre Skool dr. Abraham Iyambo het leerlinge van graad 1 tot 7. Die leerlinge is opgedeel in oggend- en namiddagklasse. Dit is hoekom sowat 2 000 leerlinge na tente toe moet trek. Tans is daar egter nog geen tente vir hulle beskikbaar nie. Ons het tente bestel maar dit is nog nie afgelewer nie. Die kinders is voorlopig weggewys en kan hopelik in die volgende twee weke skool toe kom.”

By die Primêre Skool Monte Christo is net vier houerklasse en twee tente vir kinders beskikbaar.

Leerlinge wat in graad 1 is gaan in die oggend skool en leerlinge in graad 2 gaan in die namiddag skool. Leerlinge van graad 3 tot 5 word by die Primêre Skool Havana gehuisves.

“Alle leerlinge van graad 2 tot 5 van die Primêre Skool Monte Christo moet in die tente akkommodeer word wat tans op plaas 508 opgerig is. Dit is sowat 1 000 leerlinge. Maar daar is geen stoele en tafels vir die kinders nie en dus kan hulle nog nie skoolgaan nie. Dit behoort ook so binne die volgende twee tot drie weke uitgesorteer te wees,” het Levine gesê.

Volgens hom is die leerlinge by die Seunskool Pionier besig om die tafels en stoele te herstel en gereed te kry vir die tentskool.

“Dit is nie ’n kwessie van swak beplanning nie. Die informele nedersettings groei vinnig en ons hulpbronne beweeg nie saam nie. Kinders het ’n reg op opvoeding en al wat ons kan doen is om die saak so goed as moontlik te bestuur.”

Volgens hom is daar slegs 600 leerlinge wat plek in graad 8 en 200 wat plek in graad 1 in die Khomasstreek soek.

“Die twee grade is die ministerie se prioriteit. Kinders wat vir die eerste keer skool toe gaan en kinders wat vir die eerste keer hoërskool toe gaan moet ons help. Kinders wat alreeds in ’n skool is en net skool wil verander is die ouers se verantwoordelikheid want die kind het ’n plek gehad. Teen volgende week Donderdag sal al die graad 1 en graad 8-leerlinge geplaas wees, wie se ouers alreeds verlede jaar aansoek gedoen het en op ons waglyste is,” het Levine gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!