Tentedorp verrys op enkele erf
Des Erasmus
Binne 'n week moet 16 tente weg wees wat op 'n enkele woonerf in Omaruru se Uitbreiding 3 opgeslaan is en blykbaar deur werkers aan die spoorlyn tussen Kranzberg en die Noorde bewoon word.
Bevestiging vir die eis deur die Inwonersvereniging van Omaruru (ORA) is deur me. Gerda van Rensburg gegee. Sy het namens ORA gesê 'n brief waarin die verwydering van die mense opgeëis word, is op regsadvies aan die stadsraad gerig. Sy meen enkele mobiele toilette wat op die erf verskyn het waar daar aanvanklik geen ablusiegeriewe vir 'n geskatte 40 tot 50 mense was nie, is bewys van ontvangs van die brief.
In die binnekring van ORA word ook beweer die betrokke erf is aan 'n behuisingsbeampte van die munisipaliteit toegeken. Die amptenaar het die erf toe blykbaar teen 'n prys aan die kontrakteur beskikbaar gestel wat aan die spoorlyn werk. Volgens Van Rensburg is dit 'n woonerf en mag dit nie vir so 'n saketransaksie gebruik word nie.
Volgens haar is dit hoofsaaklik mans wat die tente bewoon, maar daar kan ook vroue wees.
Op die erf is nie ablusiegeriewe nie en mense is gesien waar hulle in skottels was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie