Tendertafel net vir buitelanders gedek
Tendertafel net vir buitelanders gedek

Tendertafel net vir buitelanders gedek

Die konstruksiebedryf wil dringend met die regering vergader oor buitensporige tendervoorwaardes wat die deur vir plaaslike kontrakteurs toemaak.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n aard dat selfs die grootste plaaslike maatskappye daaraan sal kan voldoen nie.

Dit beteken die tendertafel is net vir buitelandse konstruksiereuse gedek.

Die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) het gister in ’n verklaring gesê die huidige verkrygings- en tendervereistes is sodanig dat plaaslike konstruksiemaatskappye nié sal baat by die leningshulp van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) en die voorgenome Chinese lenings nie.

Die federasie dring nou daarop aan dat dié tenders teruggetrek en gewysig word.

Dokumentasie wat op 3 September deur die AfDB en die Paaieowerheid (RA) vrygestel is vir fase 2A van die lughawe-snelweg, wat van die kruising in Sam Nujomarylaan af tot by die Dordabis-kruising strek, spel die voorvereistes uit waaraan konstruksiemaatskappye moet voldoen.

“Die voorwaardes waaraan voorgenome tenderaars moet voldoen in terme van hul kontantvloei en jaarlikse omset is só streng dat dit plaaslike maatskappye outomaties uitskakel,” sê me. Bärbel Kirchner, konsulterende algemene bestuurder van die CIF.

Republikein het intussen ’n afskrif van die evaluerings- en kwalifikasiekriteria bekom en dit blyk maatskappye moes die vorige vyf jaar ’n maandelikse kontantvloei van ten minste N$53 miljoen gehandhaaf het. Daarbenewens moes die belangstellende maatskappye die afgelope vyf jaar ’n minimum gemiddelde jaarlikse omset van sowat N$620 miljoen gehad het.

Dieselfde voorwaardes geld die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg. Dié dokumentasie is op 29 Augustus deur die ministerie van werke en vervoer vrygestel.

“Die regering mag dalk gunstige ooreenkomste vir finansiële hulp met China beding het, maar die vraag is wat boet ons in,” sê Kirchner.

“Ons moet die koste bereken – die verlies van Namibië se eie kapasiteit, verdere afdankings in die konstruksiebedryf, selfs die totale ineenstorting van die bedryf.

“Dit is algemeen bekend dat arbeid, produkte en dienste ingevoer word. Kontant word uit die land geneem. Ons moet ook die reëlings met betrekking tot belasting en bydraes aan die Ontvanger van Inkomste verstaan,” benadruk Kirchner in die CIF se verklaring.

“Hoe kan ons armoede en werkloosheid takel as ons ooreenkomste aangaan wat ons eie bedryf uitsluit en wat nie net werksgeleenthede sou skep nie, maar ook ander sektore van die ekonomie sou stimuleer,” wil sy weet.

Kirchner sê die CIF dring aan dat die tenders dadelik teruggetrek word en die regering met die konstruksiebedryf vergader sodat die voorwaardes waaraan maatskappye moet voldoen, gewysig kan word.

’n Brief in dié verband is reeds aan mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, gestuur.

“Eerlikwaar, gesien die stand van ons bedryf en die ekonomie, moet ons die geleentheid raaksien en saamwerk om die beste oplossing vir almal te vind,” sê Kirchner.

KASSIE

Só lyk die bedryf

Jo-Maré Duddy – Die konstruksiebedryf was van die eerste kwartaal in 2016 af tot die laaste kwartaal van 2017 in ’n resessie.

Groei het van die eerste kwartaal in 2015 af begin daal. In dié kwartaal het konstruksie ’n rekord N$1,9 miljard in die ekonomie ingepomp, gemeet aan die bestendige pryse van 2010, wat inflasie in aanmerking neem.

In die eerste ses maande van 2015 was konstruksie se bydrae tot die ekonomie bykans N$3,76 miljard.

In die eerste ses maande van 2018 was konstruksie se bydrae tot die ekonomie sowat N$2,26 miljard, ’n styging van N$437 miljoen, of 23,8%, teenoor dieselfde halfjaar in 2017.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!