Tencent het nou ’n GoT-speletjie vir jou foon

Toetsweergawe uitgereik

21 January 2019 | Tegnologie
Petrus Malherbe en Reuters – Die winter is dalk op pad, maar daarmee saam ook ’n splinternuwe slimfoonspeletjie gegrond op die gewilde televisie- en boekreeks Game of Thrones.

Die tegnologiereus Tencent het ’n eerste toetsweergawe van Game of Thrones: Winter is Coming, in China uitgereik, enkele weke nadat die Chinese regering toestemming gegee het dat die maatskappy nou weer nuwe speletjies mag bekend stel.

Winter is Coming is geskep deur Yoozoo, ’n Chinese vervaardiger van videospeletjies en word uitgereik en bemark deur Tencent, het die maatskappy Woensdag in ’n verklaring gesê.

Tencent het die eksklusiewe regte bekom tot ’n slimfoonspeletjie gegrond op die TV-reeks Game of Thrones, waarvan die laaste seisoen in April op televisie in Amerika begin wys.

Dit is nie ongewoon vir maatskappye om eers ’n toetsweergawe van ’n nuwe speletjie uit te reik voordat dit aan ’n wyer gehoor beskikbaar gestel word nie.

Dit is nog nie bekend wanneer Tencent die speletjie aan die hele mark beskikbaar gaan stel nie, maar daar word verwag dat dit met die première van die laaste seisoen van die TV-reeks sal saamval.

Reuters berig Tencent sal uiteindelik sy wins uit Winter is Coming met Yoozoo deel.

Die Chinese regering het in 2018 ’n moratorium geplaas op die uitreiking van nuwe videospeletjies, wat Tencent en ander maatskappye in dié bedryf baie seergemaak het.

Dit het daartoe gelei dat Tencent in 2018 vir die eerste keer in minstens tien jaar ’n daling in sy wins aangekondig het wat miljarde dollars in die maatskappy se markwaarde uitgewis het weens sy aandeelprys wat geval het.

Tencent se aandeelprys het Donderdag skerp gestyg met die opening van die mark voordat dit ná middagete weer teruggesak het tot byna dieselfde vlak as teen die sluiting van die mark Woensdag.

Naspers, wat ’n belang van 31,2% in Tencent besit, se aandeelprys het nie Donderdag noemenswaardig beweeg nie.

Tencent besit ook sedert 2014 die eksklusiewe regte tot Game of Thrones in China. Dié reeks is reeds meer as 960 miljoen keer op die maatskappy se videostromingsdiens gekyk.

Verskeie gebeure en karakters uit die reeks verskyn in die nuwe slimfoonspeletjie, sê Tencent.

Nes in die geval van die TV-reeks en die reeks boeke waarop dit gegrond is, sal spelers vir die reg tot die Iron Throne van Westeros moet baklei. – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

20 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

20 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

21 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...