Teëlprobleme by Ondangwa-lughawe
Die teëls wat in die nuwe eindpuntgebou op Ondangwa-lughawe gebruik is, het ernstige probleme opgelewer.
Volgens 'n verklaring van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) is die eindpuntgebou in 2015 voltooi. Sedertdien het die NAC probleme ondervind met die teëls wat gebruik is. Ten einde oplossings te vind, het die instansie 'n onafhanklike oudit aangevra om die oorsaak van die probleem vas te stel.
'n Verslag is op 16 Maart vanjaar aan die NAC verskaf wat dit in staat sal stel om die nodige regstellende stappe te doen.
Die NAC vra die reisende publiek om verskoning vir enige ongerief en versoek dat hulle geduldig sal wees terwyl die probleme opgelos word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie