Teleskoopprojek bekend gestel
Teleskoopprojek bekend gestel

Teleskoopprojek bekend gestel

Namibiërs kan ‘n inligtingsaand oor die beplande Africa Millimetre Telescope (AMT) bywoon.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibiërs gaan volgende week bekend gestel word aan die beplande Africa Millimetre Telescope (AMT), wat op Gamsberg gebou gaan word.

Die projek word naby aan die reeds wêreldbekende Hess-projek beplan en die doel hiervan is om swartkolke saam met ander radioteleskope te verken.

Die bekendstelling deur Bank Windhoek, in samewerking met die Universiteit van Namibië (Unam) en Nederland se Radboud-universiteit (RU) in Nijmegen, Nederland, gaan Woensdag van 17:30 tot 20:00 by Windhoek Hoërskool (WHS) plaasvind.

Die projekdirekteur, mnr. Marc Klein Wolt, sal besoekers meer oor dié baanbrekerprojek vertel, wat tans nog in sy voorlopige ontwerpfase is.

Terselfdertyd sal die RU se prof. Heino Falcke, wat die AMT se hoofnavorser is, swartkolke bespreek, terwyl Unam se visekanselier, prof. Kenneth Matengu, oor die belangrikheid van die projek vir Namibië sal gesels.

Tydens die geleentheid sal verskeie verteenwoordigers van Unam, asook die RU voorleggings doen.

Die tema van die geleentheid is “Die bou van die Namibiese Afrika-millimeterteleskoop (AMT): Om die onsigbare te sien”.

‘n Mobiele planetarium sal ook opgerig word sodat skoolkinders en ander toeskouers die wonder van die heelal kan waardeer.

‘VERLORE SKAKEL’

Die AMT moet die sogenaamde noodsaaklike “verlore skakel” in ’n wêreldwye netwerk van teleskope wees, wat die Event Horizon Telescope (HET) genoem word.

HET bestaan uit teleskope wat in Suid- en Noord-Amerika, Europa en Antarktika opgerig is. AMT sal ’n voltooiing van die eerste radioteleskoop in Afrika binne hierdie stelsel wees.

Die idee is dat die AMT die wêreld se eerste foto van ‘n swartkolk neem.

“Dit sal die eerste, direkte bewys wees dat swartkolke bestaan. Boonop sal dit grondige bewyse vir die relatiwiteitsteorie bied, wat op ‘n groot wetenskaplike deurbraak sal neerkom,” het Wolt gesê.

Volgens ‘n verklaring wat deur Bank Windhoek oor die geleentheid uitgereik is, is die Gamsberg deur internasionale wetenskaplikes vir die AMT gekies vanweë sy hoogte van 2 350 meter bo seevlak, asook sy helder naghemel.

Verder maak die Gamsberg, wat ook as Namibië se “Tafelberg” bekend staan, se ligging en droë kilmaat dit die ideale plek om die eerste hoëresolusiefoto’s van swartkolke in die ruimte te neem.

Vir die projek word ’n antenna met ’n deursnee van 15 m benodig. Ook voorafvervaardigde geboue en hernieubare energiestelsels, asook ’n pad na die plato word vereis. Die grootste stuk van die teleskoop, wat bergop geneem moet word, weeg 5,3 ton.

Die AMT sal die eerste radioteleskoop in Afrika wees wat van die millimeter-golflengte gebruik maak.

Belangstellendes moet ‘n registrasievorm van Bank Windhoek se webwerf aflaai en instuur.

Vir meer inligting, kontak Bronwyn Moody by [email protected] of (061) 299 1263.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!