Telecom sny Woensdag dienste af
Telecom Namibia sal Woensdag 27 September alle agterstallige rekeninge afsny – hetsy dit selfone, landlyne of datadienste is. Kliënte skuld Telecom altesaam sowat N$400 miljoen en baie is meer as 100 dae agterstallig. Van die agterstallige kliënte sluit in ministeries, hospitale, plekke van onderrig, staatsondernemings, ambassades, konstruksie maatskappye, SME’s, BBP’s asook individuele residensiële gebruikers.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie