Telecom skors drie hoës

10 October 2018 | Tegnologie
Telecom Namibia het pas bekend gemaak dat hy drie senior bestuurders voorlopig geskors het hangende 'n ondersoek na 'n vals kontrak van N$12 miljoen waarvoor die maatskappy reeds N$4,8 miljoen opgedok het voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.
Hulle is mnr. Robert Offner, hoof finansiële beampte, me. Jinah Buys, hoof van korporatiewe bestuur, regsdienste en regulatoriese sake, en dr. Ben van der Merwe, hoof van interne oudit en risikobestuur.
Mnr. Armando Perny, waarnemende hoof uitvoerende beampte, sê in 'n verklaring Offner is op 26 September geskors, terwyl Buys en Van der Merwe se voorlopige skorsing gister van krag geword het.
Hy sê die uitvoerende bestuur het vanweë dié werknemers se senioriteit in die maatskappy en die erns die saak wat ondersoek word, besluit om hulle te skors tot ná die ondersoek afgehandel is.
Die dagblad The Namibian het vroeër berig Telecom Namibia het 16 maandelikse betalings aan Canocopy Pty Limited (wat aan Paratus Telecom behoort) gemaak as deel van 'n vals kontrak van N$12 miljoen.
Hofdokumente wat op 30 November as deel van 'n eissaak by die hoërhof ingedien is, toon Telecom Namibia het Canocopy tussen Maart 2016 en Junie 2017 maandeliks N$299 000 (N$4,8 miljoen in totaal) betaal voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

20 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

20 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

20 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

20 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

20 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

20 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

20 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

20 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

20 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...