Telecom 'n teiken van misdaad
Telecom 'n teiken van misdaad

Telecom 'n teiken van misdaad

Telecom-kliënte loop onder diefstal en 'n slenter deur.
Telecom Namibië se woordvoerder, mnr. Oiva Angula, het bewestig nóg koperkabels in Windhoek se Otjomuise-woonbuurt Dinsdag gesteel is.

Daarnbenewens is die instansie se kliënte gewaarsku oor 'n slenter wat hul sakke aansienlik kan ruk.

Klagtes oor netwerkprobleme het gelei tot 'n ondersoek waartydens ontdek is 300 pare koperkabels is van die verspreidingspunt in Moses Garoëb-straat gesteel.

Werk om die netwerk te herstel, is reeds gisteroggend mee begin en sal na verwagting vandag klaar wees.

“Telecom Namibië moedig die publiek aan om op die uitkyk te wees vir koperdiefstal en dit te rapporteer. As hulle verdagte aktiwiteite rondom 'n telekommunikasienetwerkpunt sien, moet dit by die polisie aangemeld word. Die toename in die aantal koperkabeldiefstalle het 'n ernstige probleem geword, en stel openbare veiligheid en betroubare diens in gevaar,” sê Angula.

Volgens hom neem koperkabeldiefstal in Windhoek én die res van die land toe weens koper se verhoogde waarde. “Diewe verkoop die gesteelde kabels as skroot.”

Volgens Angula lei koperkabeldiefstal tot die verlies aan kommunikasiedienste vir alle woonbuurte en kan honderde, selfs duisende, kliënte raak. “In 'n noodgeval sal Telecom-kliënte dan nie eens die noodnommers kan skakel om hulp nie.

“Dit is hoog tyd dat die regering 'n wet oorweeg ingevolge waarvan die beskadiging van infrastruktuur 'n strafregtelike oortreding is, aangesien die voorsiening van basiese dienste aan die publiek belemmer word,” sê hy.

Volgens Angula moet aanklaers tans staat maak op gemeneregwette oor onder meer kwaadwillige beskadiging van eiendom, “wat dikwels beskou word as 'n klein oortreding waarvoor kabeldiewe net 'n tik op die vingers kry,” sê hy.

Angula waarsku Telecom-kliënte ook oor 'n slenter waarmee die dienste van die staatsonderneming tans misbruik word. Kliënte word dringend versoek om nie oproepe van onbekende internasionale nommers te antwoord nie.

“Van ons kliënte het verskeie oproepe ontvang van die +264 67 45578204. Alhoewel die land se skakelkode en die areakode blyk dié van Namibië te wees, is dit beslis nie ons s'n nie. Die nommer kan deel wees van 'n tipe selfoonbedrog wat as 'Wangiri Fraud' bekend staan. Dit is ontwerp om oproepers so lank as moontlik op die lyn te hou wat tot hemelhoë langafstandkoste lei,” sê Angula.

Die Wangiri-slenter staan ook bekend as die "een lui en sny"-bedrogspul aangesien ‘wan’ die Japannese woord is vir "een" en ‘giri’ beteken "afsny".

Telecom Namibia moedig kliënte ook aan om nie onbekende internasionale nommers terug te skakel nie. Kliënte sal verantwoordelik wees vir die koste van hul oproepe, sê Angula.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!