Telecom kry nóg 'n knou
Skurke het vandeesweek gesorg dat Telecom Namibia wéér aan die kortste ent trek.
Maandag is nóg koperkabels in Cimbebasia, in Windhoek, gesteel.
Volgens mnr. Oiva Angula, Telecom se woordvoerder, is altesaam 1 900 pare koperkabels gesny en gesteel. Dit raak die stem- en datadienste van meer as 1 500 kliënte in die gebied.
Angula sê drie kabels, wat 'n 600-paar en 100-paar-kabel insluit, is op die hoek van Michelle McLean- en Cobaltstraat gesteel, wat verspreidingspunte naby Copper- en Nickelstraat raak.
Die verspreidingspunt in Shilungastraat is as gevolg hiervan buite werking.
“Kabeldiefstal in die omgewing is endemies en veroorsaak baie woede en frustrasie vir besighede en inwoners,” sê Angula.
Volgens hom is Maandag se voorval reeds die tweede keer vanjaar dat koperkabels in dié woonbuurt gesteel is.
Op 5 Januarie is 'n 1 000-paar-koperkabel op die hoek van Mataman- en Arimasstraat gesteel.
Tydens dié voorval het die skelms twee mangatdeksels se slotte oopgebreek om toegang tot die ondergrondse kabels te kry.
Tussen 500 en 800 besighede en huisgesinne was hierdeur geraak.
“Ons tegnici werk reeds ure lank om die kabels vandag nog te herstel. Ons vra al ons geraakte kliënte om verskoning vir die ongerief,” het Angula gister gesê.
Die waarde van die kabels wat gesteel is, sal eers ná die herstelwerk beraam kan word, maar volgens Angula beloop dit duisende dollars.
Intussen het Telecom 'n beloning uitgereik vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die kabeldiewe kan lei.
Die staatsonderneming werk nou met die Namibiese polisie saam om 'n groter teenwoordigheid in dié woonbuurt te bewerkstellig.
Private sekuriteitsmaatskappye word ook ingespan, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie