Telecom: Drie senior bestuurders geskors

11 October 2018 | Tegnologie
Ronelle Rademeyer - Telecom Namibia het drie senior bestuurders voorlopig geskors hangende 'n ondersoek na 'n vermeende bedrieglike kontrak van N$12 miljoen waarvoor die maatskappy reeds N$4,8 miljoen opgedok het voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.

Hulle is mnr. Robert Offner, hoof- finansiële beampte, me. Jinah Buys, hoof van korporatiewe bestuur, regsdienste en regulatoriese sake, en dr. Ben van der Merwe, hoof van interne oudit en risikobestuur.

Mnr. Armando Perny, waarnemende uitvoerende hoof, sê in 'n verklaring wat laat gister uitgereik is Offner is op 26 September geskors, terwyl Buys en Van der Merwe se voorlopige skorsing Dinsdag van krag geword het.

Hy sê die uitvoerende bestuur het vanweë dié werknemers se senioriteit in die maatskappy en die erns die saak wat ondersoek word, besluit om hulle te skors tot ná die ondersoek afgehandel is.

Die dagblad The Namibian het vroeër berig Telecom Namibia het 16 maandelikse betalings aan Canocopy Pty Limited (wat aan Paratus Telecom behoort) gemaak as deel van 'n bedrieglike kontrak van N$12 miljoen.

Hofdokumente wat op 30 November as deel van 'n eissaak by die hoërhof ingedien is, toon Telecom Namibia het Canocopy tussen Maart 2016 en Junie 2017 maandeliks N$299 000 (N$4,8 miljoen in totaal) betaal voordat die vermeende bedrog aan die lig gekom het.

Canocopy lewer kantooroutomatiserings- en drukwerkdienste en is die gemagtigde verspreider van Ricoh-produkte en -oplossings in Namibië.

Dit het voorheen aan mnre. Werner Lassen en Mark Barnard behoort. Laasgenoemde het die maatskappy verlaat nadat dit sowat twee jaar gelede deur Paratus Namibia gekoop is.

Barnard se handtekening en dié van Offner verskyn na bewering op die kontrak.

Mnr. Barney Harmse, uitvoerende hoof van die Paratus Africa Group, het gistermiddag by navraag gesê Canocopy dagvaar Telecom Namibia vir die nienakoming van die kontrak, wat volgens hom geldig is.

"Ons het dit ondersoek en 'n siviele geding aanhangig gemaak. Die hof moet nou daaroor besluit. Ons (Paratus) het 'n reusebelegging in Canocopy gemaak. As iets wat omstrede is, plaasgevind het, moet die hof besluit wie moet ons vergoed vir die verlies wat Canocopy weens hierdie kontrak ly."

Soortgelyk

 

Weermag trek skouers op

13 minute gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Talle Namibiërs is die josie in oor wat sommige as die militarisering van die land se strate bestempel.Maar die Namibiese weermag (NDF)...

Grubesonderhede in die hof onthul

13 minute gelede | Howe

Erwin Leuschner op Swakopmund - Die beskuldigde in die Arandis-moorde sê hy is oorbluf deur die magdom getuienis wat die staat teen hom ingewin het.Tog...

Swapo wen naelskraap op Ondangwa

13 minute gelede | Politiek

Denver Kisting – Net 3 792 van die geregistreerde 15 800 kiesers het Saterdag in die tussenverkiesing op Ondangwa gestem.Dit verteenwoordig ’n skrale 24%-deelname.Die naweek...

Weer vir 17 Junie 2019

13 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm oor die sentrale dele. Elders sal dit warm tot baie warm wees. KUS: Mooiweer en warm tot baie...

Gebrekkige waterbesparings táp damme

13 minute gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die droogloopdatum vir damme wat Windhoek van water voorsien, het nou met tussen twee en drie weke vervroeg. Dít omdat Windhoekers...

Brand vernietig nege huise in Mondesa

13 minute gelede | Ongelukke

Adolf Kaure - Verskeie families is dakloos gelaat nadat 'n brand Vrydagmiddag nege huise by die enkelkwartiere van die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund vernietig het. Volgens...

Indonesiërs in Namibië vier Eid Mubarak

13 minute gelede | Lesersfoto's

Die Indonesiese ambassade in Namibië het verlede Dinsdag Eid Mubarak – die einde van die heilige maand van Ramadaan in die Moslemgeloof – ­gevier. Ambassadeur...

Maatskaplike impak van droogte gemeet

13 minute gelede |

Elvira Hattingh - Droogtetoestande in Namibië en Angola is deur die navorsers van die Instituut vir Sosio-Ekologiese Navorsing (ISOE) gebruik om 'n nuwe instrument te...

Visums by lughawe uitgereik

13 minute gelede | Toerisme

Inwoners van lande soos onder meer Suid-Afrika, Duitsland, Frankryk, Italië, Amerika, Hongkong, Australië, Nederland, Angola, Zimbabwe en Zambië wat in Namibië wil kom vakansie hou,...