Telecom dreig met stilte
Kliënte met agterstallige rekeninge by Telecom Namibia het minder as 'n week om hul skuld te betaal.
Die nasionale telekommunikasiediensverskaffer, Telecom Namibia, sal op 12 Augustus dienste na kliënte met agtestallige rekeninge afsny.
Die staatsonderneming se woordvoerder, mnr. Oiva Angula, het Vrydag alle kliënte versoek om hul uitstaande rekeninge te betaal om die opskorting van dienste te vermy.
Telecom dreig om selfoondienste, landlyne en internetdienste af te sny. Hy sê kliënte wat nie voor 12 Augustus die volle rekening betaal nie, moet gereedmaak om sonder kommunikasiedienste klaar te kom. “Wanbetalers sluit in ministeries, hospitale, onderwysinstellings, staatsondernemings, ambassades, konstruksiemaatskappye, belangrike persone, kleiner besighede en individuele, residensiële verbruikers,” sê Angula.
Volgens hom is die besluit om dienste op te skort nie vir Telecom aangenaam nie, en alle pogings is aangewend om uitstaande skuld in te vorder. “Telecom raai kliënte geduring aan om betyds hul rekeninge te betaal om sodoende maandelikse administrasiefooie op laatbetalings te vermy, asook ook die heraansluitingskoste van dienste wat afgesny is.
"Ons versoek kliënte aan om hul rekeninge kontant of deur elektroniese geldoorplasings te betaal.
“Opgeskorte rekeninge wat lank agterweë gelaat is, sal lei tot regsaksie teen die rekeninghouers,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie