Teko-trio se verhoor moet nuut begin
Teko-trio se verhoor moet nuut begin

Teko-trio se verhoor moet nuut begin

Die bedrogsaak wat verband hou met die omstrede transaksie vir die aankoop van skandeerders by lughawens en grensposte, moet van voor af voor 'n ander regter begin.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die hooggeregshof het gister ’n appèl toegestaan in die guns van me. Teckla Lameck en mnre. Kongo Makaxwa en Yang Fan, in die omgang ook bekend as die Teko-trio, vir die onttrekking van regter Maphios Cheda van hul verhoor.

Dit beteken dié omstrede verhoor wat in 2009 begin het en waarin die staat reeds die getuienis van 20 getuies gelei het, sal van voor af voor 'n ander regter moet begin.

Lameck, Mokaxwa en Yang staan tereg op verskeie strafbare klagte. Dit sluit in ’n gesamentlike klag van bedrog, alternatiewelik diefstal, en dat hulle die bepalings van die immigrasiebeheerwet, die wet op voorkoming van georganiseerde misdaad, die teenkorrupsiewet, die wet op beslote korporasies en die wet op belasting op toegevoegde waarde oortree het. Hulle het aan die begin van hul verhoor onskuldig op al die klagte teen hulle gepleit.

Die strafverhoor van die drie beskuldigdes het egter nog nie gevorder sedert die appèl na die hooggeregshof teen regter Cheda se weiering om homself te verskoon, in 2015 gedoen is nie.

Die klagte van bedrog teen die trio spruit uit ’n transaksie waarin die ministerie van finansies X-straal-skandeerders ter waarde van US$55,3 miljoen vir lughawens en grensposte van ’n Chinese maatskappy, Nuctech (verteenwoordig deur Yang) aangekoop het. Dit het vroeg in 2009 plaasgevind.

Die staat beweer die prys van die skandeerder is verhoog om ’n “kommissie” van nagenoeg US$12,8 aan Teko Trading BK te betaal, ’n beslote korporasie wat aan Lameck en Mokaxwa behoort.

Lameck en Mokaxwa word ook daarvan beskuldig dat hulle die maatskappy Namib Contract Haulage, waar beide Mokaxwa en Lameck in diens was, bedrieg het deur die prys van vragmotors en busse wat van China ingevoer is, te verhoog. Dié transaksie is in 2007 beklink.

Die staat voer verder aan dat Lameck nie toestemming van die president gehad het om ander besoldigde werk te doen terwyl sy ’n kommissaris van die Openbare Dienskommissie was nie, en dat sy haarself skuldig gemaak het aan die oortreding van die teenkorrupsiewet.

Regter Cheda het 20 staatsgetuies aangehoor (na verwagting sal sowat 80 getuies namens die staat getuig) toe die beskuldigdes se regsverteenwoordigers beswaar gemaak het teen bankrekords wat as bewyse verkry is. Dit is bekom nadat dagvaardings deur die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie uitgereik is. Volgens die verdediging was die inhoud van die dagvaardings “onverstaanbaar, ongeldig en onwettig”.

Regter Cheda het die beswaar van die hand gewys in ’n beslissing in Junie 2014. Die verdediging se regsverteenwoordigers het toe aansoek gedoen dat hy homself moet verskoon, gegrond op kommer dat hy moontlik bevooroordeeld mag wees. Hierdie aansoek is afgewys.

Adjunk-hoofregter Petrus Damaseb en appèlregters Elton Hoff en David Smuts het egter gister beslis dat regter Cheda homself moes verskoon het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!