Teko-trio loop vry uit
Teko-trio loop vry uit

Teko-trio loop vry uit

Ná ses jaar, twee verhore en talle hofure is die skuldigdes in 'n omvangryke bedrogverhoor gister vrygespreek.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die drie vermeende skandeerder-bedrieërs is vry.

Die twee Namibiërs en hul Chinese sakevennoot wat 'n dekade gelede in verband met die bedrog­skandaal oor die aankoop van X-straalskandeerders vir grensposte en lughawens in hegtenis geneem is, gaan nie verder vervolg word nie.

Teko Trading se me. Teckla Lameck (57) en mnr. Jerobeam (Kongo) Mokaxwa (39) is gister saam met hul Chinese sakevennoot, mnr. Yang Fan (47), deur regter Christie Liebenberg in die hoërhof op al die klagte teen hulle vrygespreek en ontslaan.

Hierdie verwikkeling volg nadat die hooggeregshof in Julie verlede jaar 'n appèl toegestaan het in die guns van die beskuldigdes en gelas het regter Maphios Cheda moet aan die verhoor onttrek.

Dit het beteken dié omstrede verhoor, wat in 2013 voor Cheda begin het en waarin die staat reeds die getuienis van 20 getuies gelei het, moes vroeër vanjaar van vooraf voor Liebenberg begin.

Die 18 klagte teen hulle het onder meer te doen gehad met die transaksie waarin die ministerie van finansies dié skandeerders ter waarde van US$55,3 miljoen (nagenoeg N$120 miljoen in destydse wisselkoerswaarde) by die Chinese maatskappy Nuctech gekoop het. Yang, Nuctech se verteenwoordiger, was na bewering kop in een mus met Teko Trading.

Dit het ingesluit klagte van bedrog, alternatiewelik diefstal, wat verband gehou het met die oortreding van die immigrasiebeheerwet, twee onder die Wet op die Beheer van Georganiseerde Misdaad, 'n oortreding van die teenkorrupsiewet, asook diefstal deur middel van valse voorwendsel met betrekking tot die Wet op Motordiefstal.

Die staat het aangevoer die prys van die skandeerders is verhoog om 'n “kommissie” van nagenoeg US$12,8 (sowat N$52 miljoen) aan Teko Trading BK te betaal. Dit is 'n beslote korporasie wat aan Lameck, 'n voormalige lid van die Staatsdienskommissie en haar vennoot, Mokaxwa, behoort. Hulle het die geld na bewering met Yang gedeel. Dit het in 2009 plaasgevind.

Lameck en Mokaxwa is ook daarvan beskuldig dat hulle die maatskappy Namib Contract Haulage, waar beide Mokaxwa en Lameck in diens was, bedrieg het deur die prys te verhoog van vragmotors en busse wat van China af ingevoer is. Dié transaksie is in 2007 beklink.

Voorts is ook aangevoer Lameck het nie die destydse staatshoof, pres. Hifikepunye Pohamba, se toestemming gehad om ander besoldigde werk te doen terwyl sy 'n kommissaris van die Staatsdienskommissie was nie, en dat sy die teenkorrupsiewet oortree het.

Hulle vryspraak volg nadat mnr. Sisa Namandje, vir die beskuldigdes, op 11 September ingevolge artikel 174 van die strafproseswet 'n aansoek vir hulle ontslag ingedien het. Hy het aangevoer die staat kon onder leiding van die adjunk-aanklaer-­generaal Dominic Lisulo, bygestaan deur me. Constance Moyo, nie daarin slaag om sy saak teen die beskuldigdes te bewys nie.

Liebenberg het in sy uitspraak gesê “die totaliteit van die getuienis” wat gedurende die verhoor voorgelê is, kon nie die trio se skuld bo redelike twyfel bewys nie.

Dit blyk uit sy uitspraak die skuld hiervoor moet voor die deur van die vervolgingspan gelê word wat die be­skuldigdes verkeerd aangekla het.

“Die aansoek om ontslag is met die gevolg suksesvol. Ek is tevrede dat die drie nie geroep moet word om te getuig nie. Hulle word vrygespreek en ontslaan op al die aanklagte wat hulle in die gesig staar,” het hy gesê.

Nampa berig hulle het buite die hof in reaksie op dié verwikkeling gesê “geregtigheid het geskied”.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.74/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.35 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.74/OZ UP +0.62% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.81% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 87.09/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 937.43/OZ DOWN -0.0027