Teichmann su00ea steun aan Du Preez toe
Teichmann su00ea steun aan Du Preez toe

Teichmann sê steun aan Du Preez toe

Superrugby
Christo Buchner - “Robert is die afrigter en ons steun hom ten volle.”

Dít was gister die reaksie van die Haaie se uitvoerende hoof, Gary Teichmann, op die beweerde onenigheid wat daar in dié span se kamp is rakende die hoofafrigter, Robert du Preez.

Daar is glo onmin tussen hom en van die ander afrigters, asook senior spelers.

“Ek glo in elk geval nie nou is die aangewese tyd om uitsprake hieroor te lewer nie. Ons wil nou net op die rugby fokus,” het Teichmann gesê van die Haaie, wat deurgeskuur het na die kwarteindronde van die Superreeks en wat Saterdag in Canberra teen die Brumbies te staan kom.

Volgens gerugte het twee van die Haaie se hulpafrigters, Braam van Straaten en Ricardo Loubscher, reeds aangedui dat hulle hul bande met die Haaie gaan verbreek.

Van Straaten, die skop- en verdedigingsafrigter, sluit hom by die Southern Kings aan, terwyl Loubscher sy loopbaan by Heyneke Meyer se Franse klubspan, Stade Francais, gaan voortsit.

Hulle is glo albei in ’n stadium vanjaar by die huis gelos en het nie oral saam met die Haaie getoer nie.

Hoe seker die Haaie egter is dat hulle al die pad eindstryd toe kan gaan, is duidelik uit die boodskap wat Van Straaten op sy selfoon gelos het. Dit lui: “Ek is die volgende drie weke in Australië en Nieu-Seeland en sal nie beskikbaar wees nie.”

Teichmann het gister bevestig dat die Haaie beplan om die volgende drie weke uit ’n tas te leef daar in die buiteland, maar glo die moontlikheid bestaan dat hulle selfs vir ’n halfeindstryd huis toe kan kom.

Klop die Haaie die Brumbies en die Chiefs reken af met die Jaguares in Buenos Aires, sal die halfeindstryd in Durban wees tussen die Haaie en Chiefs, aangesien die Durbaniete hoër op die puntelys as die Chiefs geëindig het.

Die wenner van die Crusaders en Highlanders se kragmeting en dié van die Hurricanes en Bulle, pak mekaar in die ander halfeindstryd.

“Ek besef ons was baie gelukkig om die Stormers te klop, maar wat ons deurgetrek het, is dat die ouens nie moed opgegee het nie en dit voorspel baie goeie dinge vir die uitspeelrondes.

“Hulle glo in hulself en dit is eintlik ook goed om weg te speel, want ons rekord daar is goed,” sê Teichmann.

Hy wou hom ook nie uitlaat oor Du Preez se uitlating in Kaapstad dat die Durban-media ’n “klomp kokkerotte” is nie.

“Ons fokus nou net op dit wat gedoen moet word om ons uitspeelstryde te wen,” sê Teichmann.

In die Durban-media word juis gevra dat die nepotisme in die span, met Du Preez wat vir ’n groot deel van die seisoen sy losskakel-seun met dieselfde naam bo Curwin Bosch ingespan het, ondersoek moet word en dat die uitvoerende raad stappe teen hom moet neem.

Bosch het intussen herstel van die enkelbesering wat hy teen die Jaguares opgedoen het en het saam met die groep na Canberra gereis.

Die Springbok-loskopstut en mees ervare Suid-Afrikaanse Superspeler van alle tye, Beast Mtawarira, bly egter by die huis nadat hy die Stormers-stryd misgeloop het weens die kniebesering wat hom reeds die laaste twee maande uit aksie hou. Hy het dié knie weer beseer in die kapteinsoefening voor die stryd teen die Stormers.

Een van Du Preez se ander seuns, die flank Jean-Luc, asook nóg ’n losvoorspeler, Philip van der Walt, is albei ook beseer.

Die haker Craig Burden is egter weer fiks en is een van drie hakers in die Haaie se groep. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!