Tegnologie is die toekoms

Die rekenaarsentrum van die People’s Primary School het toerusting ter waarde van N$350 000 ontvang.
Rovaldo Kavanga
Mariselle Stofberg

Die amptelike inwyding van die nuwe rekenaarsentrum by die People’s Primary School (PPS) het verlede week in Windhoek plaasgevind.

Die rekenaarsentrum het ’n skenking van 42 skootrekenaars, 42 sleutelborde, 42 rekenaarmuise, 42 skootrekenaarslotte en 80 oorfone ter waarde van N$350 000 van Escalate Investments, ’n Namibiese maatskappy met belange in die visbedryf, ontvang.

Me. Anna Nghipondoka, die minister van onderwys, kuns en kultuur, het gesê die inisiatief ondersteun die Friends of Education in Namibia Special Investment (FENSI).

FENSI moet verseker daar word aan die behoeftes van alle Namibiese kinders voldoen en dat geen kind uitgesluit word nie.

“Hierdie inisiatief maak dit moontlik vir belangegroepe om hande te vat en die ministerie te ondersteun om kinders oraloor die land te help,” het Nghipondoka gesê.

Sy sê Escalate Investments is reeds ’n geruime tyd ’n vennoot van die ministerie, selfs voor die implementering van FENSI en het al betrokke geraak by opvoedkundige projekte van meer as N$700 000.

“Met ’n skenking soos hierdie, kan onderwysers nou tegnologie doeltreffend in verskeie vakke en onderwys integreer en opvoeding meer opwindend vir leerlinge maak. Om eerlik te wees is ’n onderwyser wat goed bemagtig en ingelig is oor hul vakke se inhoud ’n onderwyser wat jy kan vertrou,” het sy gesê.

Oor die afgelope vyf jaar het Escalate Investments skole in die Omaheke, ||Kharas-, Ohangwena-, Oshana- en Khomasstreek op verskeie maniere ondersteun.

“Onderwys het die grootste fokusarea van ons korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid geword, maar dit word alles beïnvloed deur die hulpbronne wat tot ons beskikking is. Ek wil daarom my dank teenoor my mededirekteure uitspreek vir hul ondersteuning en begrip,” het die Escalate raadsvoorsitter, mnr. Fluksman Samuehl, gesê.

Escalate Investments is tans besig om te kyk na die beste beskikbare opsies om die St. Mary’s Odibo-skool in die Odibo-nedersetting in die Ohangwenastreek te ondersteun nadat die skool hulle vir hulp genader het.

Die organisasie het ’n behoefteanalise by die skool gedoen en vasgestel die skool se infrastruktuur het verskeie probleme.

“Ons hulp by dié skool sal grootliks wees om volhoubare oplossings te vind om die trots van die skool terug te bring. Ons oorweeg ook ’n spanpoging met ander maatskappye om sodoende tot die skool se redding te kom,” het Samuehl gesê.

Hy het beklemtoon onderwys bly ’n fundamentele mensereg.

“Dit het ’n direkte invloed op die realisering van ander basiese menseregte. Dit dra by tot die groter gemeenskap en dryf al 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van die land. Dit dien as die grondslag vir vredeliewende en volhoubare gemeenskappe. Dit is waarom ons moet voortgaan om in konstruktiewe leeromgewings in ons skole te belê.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!