Tegniese ontleding: Winsneming by banke wink
Frans de Klerk - Standard Bank is een van die grootste banke in Suid-Afrika en het bedrywighede in meer as 20 lande dwarsoor Afrika.
Hy het meer as 54 000 werknemers.
Sy twee grootste aandeelhouers is die Industrial and Commercial Bank of China (ICBC), wat 20% besit, en die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) wat 12,5% besit.
Hy doen ook sake onder die handelsnaam Stanbic Bank.
In 2002 het Standard Bank 90% van Uganda Commercial Bank, die grootste kommersiële bank in Uganda, verkry.
Die bank is toe na Stanbic Bank (Uganda) Beperk herdoop. Sedert Desember 2012 is Stanbic Bank (Uganda) Uganda se grootste kommersiële bank met sowat 20% van alle bankbates en sowat 18% van alle banktakke in die land.
Stanbic Bank (Uganda) word verhandel onder die simbool SBU op die sekuriteitebeurs van Uganda.
Die Standard Bank-groep besit sowat 80% van Stanbic.
Dit het verlede week aan die lig gekom dat die Nasionale Kredietreguleerder die kredietkaartkoste van Standard Bank-kredietkaarthouers ondersoek.
Die maagopstopper-kersie (waarskuwing) en die haarnaaldbooghoogte (waarskuwing) waarsku dat die aandeel dalk net te ver na bo geloop het.
Lyn A (R210,56) moet egter eers in 'n weerstand verander en onder lyn A kan die aandeel tot R201,56 daal.
Daar wag ook tussen die twee lyne 'n venster tussen R210,20 en R209,45.
Die tegniese waarskuwings sal eers verdwyn wanneer die aandeel bo R221,58 kan konsolideer.
• Spekulante: Verkoop of gaan kort onder lyn A, maar gebruik R221,58 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
Indien die momentum onder R210 toeneem, is die teikens na onder R209,45, R208,72, R205,67 en R201,56.
• Medium- en langtermynbeleggers: Die aandeel beweeg steeds gerieflik bo die 100-dae- bewegende gemiddelde (R182,26). Ons verwag egter steeds 'n terugtrek in 'n aandeel waarvan die medium- tot langtermyngrafiek nog nie werklik tegnies pla nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie