Teenreaksie oor Trump se optrede

Ná toenemende druk het pres. Donald Trump uiteindelik verregses oor hul optrede in Charlottesville die naweek veroordeel.
NAMPA
Pres. Donald Trump het in die aangesig van toenemende, verdoemende politieke reaksie uiteindelik Maandag neo-Nazis, die Ku Klux Klan en ander wit heerssugtiges veroordeel.

Dit kom twee dae nadat hierdie haatgroepe se byeenkoms in Virginia dodelike gevolge gehad het.

Sy spesifieke veroordeling van die ekstremistiese regse organisasies, wie se volgelinge 'n toegewyde segment van sy politieke basis vorm, het ná 'n vloedgolf kritiek deur Demokrate en lede van sy eie party gevolg.

Kritici sê Trump het te lank gewag ná Saterdag se onluste in Charlottesville voordat hy met die aanvanklike flou veroordeling van haat en geweld “aan baie kante” vorendag gekom het.

Eers twee dae later het hy gesê: “Rassisme is boosheid en diegene wat geweld in rassisme se naam pleeg, is misdadigers en boewe, insluitende die KKK, neo-Nazis, wit heerssugtiges en ander haatgroepe wat verwerplik is vir alles wat ons as Amerikaners koester.”

Trump het Maandag ook op Twitter teen die media uitgevaar, wat meen sy reaksie was “te min, te laat.” “Het bykomende opmerkings oor Charlottesville gemaak en weer besef die #Fake News media sal nooit tevrede wees nie . . . regtig slegte mense!”

Saterdag se onluste het uitgebreek nadat honderde wit nasionaliste in Charlottesville byeengekom het om te betoog teen die verwydering van 'n standbeeld van genl. Robert E. Lee, die bevelvoerder van die Konfederale weermag wat ten gunste van slawerny in die Amerikaanse burgeroorlog geveg het.

Hulle is deur skares anti-rassistiese betogers gekonfronteer en straatgevegte het uitgebreek. 'n Vrou is dood toe 'n motor in 'n groep mense wat teen die rassiste betoog het, ingejaag het. Negentien ander mense is in die voorval beseer. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!