Teen 2050 gaan Afrika sukkel om sy mense te voed
Teen 2050 gaan Afrika sukkel om sy mense te voed

Teen 2050 gaan Afrika sukkel om sy mense te voed

Nuwe navorsing wek opnuut kommer oor Afrika suid van die Sahara se vermoë om sy mense te voed.
Estelle de Bruyn
Vida Booysen - Die verwagte groter opbrengs van graanoeste in Afrika suid van die Sahara sal nie alleen genoeg wees om teen 2050 al die honger monde in die streek te voer nie.

'n Verwagte bevolkingsgroei van 2,5 keer die huidige getal inwoners én 'n verwagte inkomstegroei sal die vraag na graan teen 2050 verdriedubbel.

Dit beteken die streek moet sy benadering tot voedselsekuriteit verbreed, sê die navorsers Keith Wiebe en Daniel Mason D'Croz, in hul navorsingstuk “Can sub-Saharan Africa feed itself?” wat deur die internasio­nale instituut vir voedselbeleids­navorsing (Ifpri) uitgereik is.

Die studie het 10 Afrikalande ondersoek wat saam die grootste gedeelte van die kontinent se bevolking omvat en ook die meeste bewerkbare grond het. Die navorsing het nie Suid-­Afrika ingesluit nie, maar wel lande soos Nigerië, Kenia, Tanzanië en Zambië.

“Die kwessie is of Afrika suid van die Sahara dié enorme toename in die vraag na graan kan hanteer sonder groter afhanklikheid van invoer of groot uitbreidings van bewerkbare landerye en gevolglike verlies aan biodiversiteit en styging in kweekhuisgasse,” lui die inleiding tot die verslag.



Navorsing

Die navorsers het bevind dat die opbrengs op graanoeste in die lande van die huidige 20% van hul potensiaal tot 80% moet styg om die huidige vlakke van selfvoorsiening te handhaaf. Selfs al styg die opbrengs so drasties, sal daar steeds nóg landerye benodig word as die streek ten volle in sy eie behoeftes wil voorsien. Dus sal daar toenemend op handel in voedselinvoer staatgemaak word.

“Selfvoorsiening is nie 'n doelwit op sigself nie, voedselsekerheid kan op verskeie maniere bewerkstellig word,” sê Wiebe. Hy wys egter daarop dat groter oeste noodsaaklik is en kan help om in die toekomstige vraag na voedsel te voldoen.

“Maar hierdie lande moet ook hul inkomste uit ander sektore van die ekonomie verhoog om voldoende kosvoorraad te verseker – hetsy van huishoudelike produksie of deur invoer uit streke waar 'n surplus gaan wees.”

Die vraag na graankos sal tussen 2010 en 2050 na verwagting met 335% toeneem, en in lande soos Niger en Zambië met 500%. Bevolkingsgroei is verantwoordelik vir driekwart van dié stygende vraag.

Sonder aansienlike groei in die opbrengs van oeste wat op die huidige bewerkbare grond verbou word, sal lande waarskynlik meer grond ontbos om landerye uit te brei. As die huidige groei in die opbrengs van oeste voortduur, sal 'n bykomende 97 miljoen ha benodig word om selfvoorsienend te wees. Sewe uit die tien lande wat deel van die ondersoek vorm, het egter nie genoeg grond beskikbaar wat vir landbou-ontwikkeling gebruik kan word nie.

“Dit beteken meer intensiewe boerdery en groter gebruik van besproeiing in streke wat dié opsies kan ondersteun,” lui die verslag.

Die navorsers wys ook daarop dat 'n land se ekonomiese groei dikwels daarvan afhang of sy landbousektor eerste begin groei. Hulle beklemtoon die belangrikheid van openbare en private investering in landbounavorsing en ontwikkeling en dat tegnologie en die regte landboubeleid deurslaggewend gaan wees om die streek se groeiende bevolking te voed.

“Hierdie lande móét innoveer om die opbrengs op hul landbougrond te verhoog, want daar is eenvoudig nie genoeg grond om te boer soos gewoonlik nie,” sê Mason-D'Croz.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!