Te veel leerlinge, te min klaskamers
Te veel leerlinge, te min klaskamers

Te veel leerlinge, te min klaskamers

Die ministerie van ­onderwys, kuns en kultuur het in die ­huidige finansiële jaar minder as 100 nuwe klaskamers gebou.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die aantal leerlinge in staatskole in die land het van 2016 tot 2017 met 3,6% gestyg en die aantal skole met 2,8%.

Die afgelope vier jaar was die styging in leerlinge per jaar sowat 23 500 - wat beteken 672 ekstra klaskamers word benodig.

Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, kon die ministerie in die huidige finansiële jaar minder as 100 klaskamers bou.

Die rede hiervoor, sê die minister, is omdat die grootste gedeelte van die geld vir geriewe vir basiese onderrig (BEF) en opknappings eers teen die einde van November aan die onder­skeie streke oorgedra is.

Sy het in die Nasionale Vergadering (NV) gereageer op 'n vraag oor die ­toestand van sommige skole en ook oor die aantal klaskamers in die land.

Hanse-Himarwa het weer haar ­ministerie se gebrek aan fondse ­beklemtoon om infrastruktuur aan te vul en op te knap.

Sy het ook erken die standaard van klaskamers en verblyfgeriewe het 'n wesenlike uitwerking op die prestasie van leerlinge én onderwysers.

Die minister het verwys na staat­skole wat in verskillende ­kategorieë en same­stellings opgedeel word. Volgens die jongste inligtingstelsel vir onderwysbestuur (EMIS 2017) is daar 25 050 klaskamers wat soos volg ingedeel is: permanente ­klaskamers (21 580), ­opslaanklaskamers (1 458), ­tradisionele klaskamers (1 797) en ­gehuurde of ­tent-klaskamers (215).

“Tydelike klaskamers sluit die laaste drie kategorieë in. Dié klaskamers moet bykomend tot die 672 as gevolg van 'n jaarlikse verhoging in die aantal leerlinge met permanente strukture vervang word.”

2017-'18 FINANSIëLE JAAR

Volgens die minister maak die ­ministerie in sy begroting onder geriewe vir basiese onderrig (BEF) voorsiening vir die konstruksie van klaskamers en word 'n bedrag, wat deel is van sy ­ontwikkelingsbegroting, hieraan _toegeken.

Vir die 2017-'18 finansiële jaar is N$87,5 miljoen vir die konstruksie van klaskamers toegeken en aan streke oorgedra. N$53 miljoen was vir opknapping en N$35 miljoen vir behuising vir onderwysers. N$52 miljoen is ook aan al 14 streke beskikbaar gestel vir die konstruksie van preprimêre klaskamers. Volgens Hanse-Himarwa is 247 klas­kamers tydens die 2016-'17 ­finansiële jaar gebou. Sy het voorts gesê die ­ministerie se beleid bepaal dat kinders nie verder as 5 km moet stap om die naaste skool by te woon nie. Volgens haar het die ministerie gesit met “baie klein skooltjies wat administratiewe probleme” en verskillende grade in een klas veroorsaak het.

“Dié onekonomiese skole is skole waar daar in die meeste gevalle minder as 35 leerlinge is, wat uit tuisgemaakte materiaal gebou is en dikwels in landelike gebiede geleë is.”

Volgens haar het die ministerie ­sedertdien begin om die toestand van die skole deur middel van streeks­direktorate te evalueer en is die ­gevolglike bevindinge voorgelê. Geen van dié skole is egter al gesluit nie.

“Omdat die aanvraag die aanbod oorskry, word in sommige noodgevalle tente en ander vorms van tydelike strukture by skole opgerig om die situasie te beredder. Die doel is om dié strukture, wanneer geld beskikbaar is, met permanente strukture te vervang.”

Hanse-Himarwa het erken die toestand van die infrastruktuur by skole is nie tot klaskamers beperk nie en sluit koshuise en ander huisvesting in.

“Meer geld moet toegeken word vir infrastruktuur wat in 'n vervalle toestand is.”

Sy het beklemtoon formele onderrig moet in klaskamers plaasvind wat vir “veiligheid en gemak” ontwerp is. Volgens haar beïnvloed verskeie faktore, waaronder die aantal skole, inskrywings en beleid vir die nabyheid van skole en leerlinge die feit dat skole hulle in 'n posisie bevind waar noodmaatreëls getref moet word om leerlinge te huisves.

Voorts het die implementering van die nuwe leerplan bykomende ­behoeftes vir nóg infrastruktuur en toerusting om beroepsgerigte vakke (­bykomende klaskamers, ­laboratoriums, nuwe skole, die opknap van vervalle geboue) laat ontstaan. Volgens Hanse-Himarwa wil die ministerie, in ooreenstemming met sy strategiese plan vir 2018-'19 tot 2021-'22 jaarliks 120 klaskamers bou.

Dit sal 95% van permanente klas­kamers in die land verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.96/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 822.60/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 87.88/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 909.44/OZ DOWN -0.0005 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.88 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.15 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.96/OZ DOWN -0.0032 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 822.60/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 87.88/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 909.44/OZ DOWN -0.0005