Te veel laat registrasies

Geen toegang tot skole, toelae

19 May 2017 | Ministeries
font face="Verdana" >

Henriette Lamprecht - Tydens die 2016-'17 finansiële jaar is 42 154 babas onder die ouderdom van een jaar en 60% van alle pasgebore babas by die ministerie van binnelandse sake en immigrasie geregistreer.

Sowat 60 900 persone is laat geregistreer.

Volgens die minister van binnelandse sake en immigrasie is die hoë aantal laat registrasies van geboortes ’n reuse-uitdaging in die land se strewe om die Verenigde Nasies (VN) se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit te behaal om “’n wettige identiteit vir almal, ingesluit registrasie van geboortes, teen 2030" te behaal.

Volgens me. Pendukeni Iivula-Ithana het haar ministerie die afgelope paar jaar meer hulpbronne bestee aan landwye mobiele registrasies. Dit is daarop gemik om mense te registreer wat om verskeie redes nie kort ná hul geboorte geregistreer kon word nie.

In dié verband is die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in 2008 genader om registrasiekantore in hospitale te oop te maak om toegang tot registrasie te verbeter.

Iivula-Ithana was aan die woord tydens die bekendstelling van ’n elektroniese registrasiestelsel vir geboortes by die Sentrale Hospitaal in Windhoek se kraamafdeling. Dié nuwe stelsel stel die Nasionale Bevolkingsregisterstelsel (NPRS) elektronies in kennis van ’n nuwe geboorte by die hospitaal. Die kennisgewing word onmiddellik ná die geboorte deur die verpleegster wat die bevalling hanteer het, gestuur.

Volgens die minister sal die elektroniese stelsel die ma se identiteit bevestig omdat dit met die NPRS verbind is, en dit sal ook die kwalititeit van data, sowel as die produksie van noodsaaklike statistiek, verbeter.

“Statistiek hou tred met die groot mylpale in mense se lewens - vanaf geboorte, die huwelik tot uiteindelik die dood. Dié inligting is noodsaaklik om beleidsrigtings en programme te beplan en te implementeer, veral op die gebiede van gesondheid, behuising, water en sanitasie, werkverskaffing, sowel as landbou- en industriële produksie,” het Iivula-Ithana gesê.

Sy het benadruk dat die regering staatmaak op geboorteprojeksies vir die berekening van statistieke vir geboortes, sowel as die registrasie van geboortes.

Iivula-Ithana het gesê kinders kan nie sonder ’n geboortesertifikaat by skole ingeskryf word of maatskaplike toelae ontvang nie.

“Die takel van ongelykhede of die beskerming van gemarginaliseerde groepe sal nie moontlik wees in die afwesigheid van akkurate bevolkingsdata nie. Ook kan daar nie voldoende aan goeie regering, menseregte en die gang van die gereg voldoen word nie.”

Sy het gesê wanneer kinders geen wettige bewys van hul ouderdom of identiteit het nie, is hulle meer kwesbaar vir vroeë huwelike en ander skadelike praktyke soos kinderarbeid, onwettige oorgrens-aannemings, opname in gewapende magte, sowel as kommersiële seksuele uitbuiting.

Volgens Iivula-Ithana bemoeilik ’n gebrek aan geboortesertifikate die proses vir die terugkeer van vlugtelinge, sowel as die opspoor van kinders wat van hul ouers geskei is.

Die elektroniese registrasie van geboortes sal in Junie by Windhoek se sentrale hospitaal en die Katutura-staatshospitaal afskop. In Julie sal ’n evaluering by die staatshospitale op Rundu en Eenhana gedoen word, waarna die stelsel, afhangende van die beskikbaarheid van fondse, by alle staatshospitale in die land geïmplementeer sal word.

Die minister het ’n beroep op die private sektor gedoen om dié elektroniese stelsels ook by alle private hospitale in werking te stel.

’n Nuwe registrasiekantoor vir geboortes word ook by die Rhinopark private hospitaal beplan om die druk by soortgelyke geriewe by plaaslike staatshospitale te verlig.

Iivula-Ithana het egter gesê dit bly die verantwoordelik van elke ouer om hul kind onmiddellik ná geboorte te registreer.

“’n Kind wat nie geregistreer is nie, bestaan volgens wet nie, kan nie sy regte uitoefen nie en het ook nie toegang tot belangrike opvoedkundige en maatskaplike dienste nie.”

Soortgelyk

 

SME hoor in November oor finale likwidasie

7 ure gelede | Howe

Betoë is vandag in die Windhoek-hoërhof gelewer deur regsverteenwoordigers van die Bank of Namibia en twee minderheidsaandeelhouers, die Metropolitan Bank of Zimbabwe en World Eagle...

Man gooi seun met baksteen teen die kop

7 ure gelede | Misdaad

'n Vyftienjarige seun is ernstig beseer en moes vir behandeling na Windhoek oorgeplaas word nadat hy met 'n halwe baksteen teen die kop getref is.Volgens...

Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand

10 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeyo Muyunda, het vanoggend bevestig dat meer as 80 karkasse van...

Keelvol studente soek hul geld

23 ure gelede | Onderwys

Augetto GraigStudenteleiers het gister op die Namibië Finansiële Hulpfonds vir Studente (NSFAF) se voorstoep betoog oor geld wat steeds nie aan hulle uitbetaal is nie....

Klagte van haatspraak

23 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht - ’n Klag van haatspraak is by die ombudsman ingedien teen leserskommentaar op 'n plaaslike dagblad se webtuiste. Die koerant moet volgens die...

Weer vir 19 Oktober 2017

23 ure gelede | Weer

WAARSKUWING: 'n Koue front word in die suidelike streke verwag. Binneland: Gedeeltelik bewolk en koud tot koel in die Suide, maar warm in die verre...

Routydperk vir Muharukua

23 ure gelede | Mense

'n Nasionale routydperk vanaf vandag tot Saterdag is afgekondig, met vlae wat halfstok sal hang. Die eer word betoon aan me. Angelika Muharukua wat op...

Minderheidsaandeelhouers teen sluiting van die SME Bank

23 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw Senior advokaat Andrew Corbett het gister namens die Bank of Namibia (BoN) die motiewe van die twee Zimbabwiese minderheidsaandeelhouers wat die likwidasie van...

DTA eis skorsing van PS

23 ure gelede | Politiek

Die DTA vra vir die onmiddellike skorsing van die permanente sekretaris van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling en die hoofbestuurder van die Owerheid vir Sake- en...