Te min klaskamers aan die kus

Sowat 1 850 leerlinge op waglys

12 January 2018 | Onderwys
Otis Finck in Walvisbaai

>

Ongeveer 1 850 graad 1-leerlinge moet nog in skole aan die kus geplaas word. Só sê die direkteur van onderwys in die Erongostreek, mnr. John //Awaseb.

Volgens hom is 1 230 graad 1-leerlinge op die waglys in Walvisbaai en 620 leerlinge wag vir plek op Swakopmund se skoolbanke.

“Ek kan met sekerheid sê ons het meer as genoeg graad 0- en 1-leerlinge aan die kus.

“Daar is beslis meer as 1 000 leerlinge wat vanjaar met hul laerskoolloopbaan begin het.

“Ons sal eers teen Donderdag kan sê presies hoeveel leerlinge by die skole ingeskryf het, wanneer die skole die inligting aan ons verskaf het,” het hy gesê.

//Awaseb het die Immanuel Ruiters-skool Woensdag besoek waar ‘n blok met agt nuwe klaskamers gebou is.

Hy sê minstens twee erwe word nog op Walvisbaai vir die oprigting van skole benodig.

Hy het daarop gewys die ministerie het reeds twee erwe op Swakopmund vir die oprigting van skole bekom.

Volgens //Awaseb staar die laer primêre grade (graad 0 tot 3) die grootste uitdagings in die gesig.

Boonop is daar ‘n dringende behoefte aan gekwalifiseerde onderwysers.

“Ons is genoodsaak om van afgetrede onderwysers en onderwysstudente gebruik te maak.”

Laerskool Narraville se hoof, mnr. Paul Fisher, het bevestig sy skool het 50 graad 0- en 220 graad 1-leerlinge vir 2018 ingeskryf.

Dit is een van die grootste laerskole in die Erongostreek.

“Ons eerste skooldag het vlot verloop. Ons het ongeveer 1 600 leerlinge en 52 onderwysers en net genoeg klaskamerruimte vir al ons leerlinge.

“Ons graad 0-leerlinge is ongelukkig nog tuis omdat ons nog nie plek het om hulle te akkommodeer nie. Ons stel egter ondersoek na die aangeleentheid in.”

Die ministerie wil ‘n bykomende twee klaskamers bou, maar kon nie voortgaan nie, omdat daar ‘n gebrek aan spasie is.

Soortgelyk

 

Man sterf op Walvisbaai-Swakopmund-pad

4 ure gelede | Ongelukke

Die 27-jarige Franico Esly Huseb is vandag omstreeks 07:30 dood, nadat die bakkie waarin hy op reis was op die pad tussen Swakopmund en Walvisbaai...

Eksamenuitslae dán bekend

4 ure gelede | Onderwys

Die voorlopige uitslae vir graad 10 (JSC) en graad 12 (NSSC) hoë vlak vir voltydse en deeltydse kandidate word aanstaande Donderdag (20 Desember) amptelik bekendgemaak....

Drie meisies verdrink in sandputte

5 ure gelede | Ongelukke

Die Namibiese polisie in die Ohangwenastreek het ‘n beroep op kontrakteurs gedoen om sandputte toe te stoot wat geskep is met die uitgrawe van sand...

1,6 miljoen toeriste besoek Namibië in 2017

6 ure gelede | Toerisme

Altesaam 2,2% meer toeriste het Namibië in 2017 as in die vorige jaar besoek met meer as 1,6 miljoen buitelandse toeriste wat die land ingestroom...

Studente betaal meer by Unam

7 ure gelede | Onderwys

Die finansiële verknorsing waarin die Universiteit van Namibië (Unam) verkeer, tesame met die algemene ekonomiese vooruitsig vir die land, het die universiteitsraad genoop om klasgelde...

Plunderwoude: Ministerie ontken ongerymdhede

17 ure gelede | Plaaslik

Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die meerderheid permitte wat vir die oes en vervoer van hout uitgereik is, is...

Polisie op sy knieë

17 ure gelede | Polisie

Denver Kisting – Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, sê die land se finansiële verknorsing het die mag op sy knieë.Ndeitunga het...

Avihe-moordenaar het dalk landuit gevlug

17 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – As Avihe Cheryl Ujaha (9) nie deur iemand in haar binnekring vermoor is nie, is haar moordenaar(s) waarskynlik al landuit.Só sê die...

Weer vir 13 Desember 2018

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde buie plek-plek in die noordelike en sentrale dele. Elders sal dit sonnig en baie tot...