Taxi's terug in die tuig
Komm. Silvanus Nghishidimbwa, polisiebevelvoerder in die Khomasstreek, het bevestig die taxi’s wat Maandag tydens ’n staking ingesleep is, is Dinsdag aan hul eienaars terugbesorg. ’n Insleepdienseienaar het gesê hul boete beloop gewoonlik N$2 590, maar die taxi’s is 'n boete van N$1 000 elk opgehef. “Ons het die taxibestuurders laat verstaan hulle kan nie terugvoering van die ministerie binne twee ure verwag nie. Hulle is bewus daarvan dat hulle sal moet wag.”
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie