Taxibestuurder vang vermeende dwelmsmous
Taxibestuurder vang vermeende dwelmsmous

Taxibestuurder vang vermeende dwelmsmous

Jo-Mare Duddy Booysen
‘n Man (43) van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en ‘n Angolese vrou (47) is Maandagoggend met vermoedelik N$2 miljoen se kokaïne vasgetrek nadat die man glo oor ‘n rooi verkeerslig gejaag en in ‘n taxi vasgery het.
Luidens die polisie se daaglikse misdaadverslag het die ongeluk omstreeks 06:00 op die hoek van Daan Viljoen- en Otjomuisestraat plaasgevind. Die man het ná die ongeluk na bewering ‘n sak uit die voertuig gegryp en probeer vlug. Die taxibestuurder het hom agterna gesit, gevang en die polisie gebel.
Die polisie het ‘n sak met vier blokke – vermoedelik kokaïne – in die voertuig gevind. Die blokke weeg saam 4,1 kg en is sowat N$2 miljoen werd.
Die man is met ‘n Namibiër getroud en sy is ook in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!