Taxibedryf teen onwettige pryse gewaarsku
Taxibedryf teen onwettige pryse gewaarsku

Taxibedryf teen onwettige pryse gewaarsku

Die kommissie sê die wet verbied besluite oor die inwerkingstelling van verhoogde tariewe vir passasiers, tensy dit ingevolge die padvervoerwet goedgekeur is.
Sommige taxi-operateurs en die verenigings wat hulle verteenwoordig, span glo in die geheim saam om taxitariewe te verhoog sonder dat dit deur die padvervoerraad goedgekeur is, soos die padvervoerwet vereis.

Só sê die Namibiese Mededingingskommissie (NCC) in ’n verklaring waarin hy hierdie operateurs gister teen sulke sameswering gewaarsku het.

Die kommissie sê die wet op mededinging verbied besluite oor die inwerkingstelling van verhoogde tariewe vir passasiers, tensy dit ingevolge die padvervoerwet goedgekeur is.

Die kommissie sê dit was op grond hiervan dat hy verlede jaar besluit het om nié teen die Bus- en Taxivereniging oor sy prysvassteling op te tree nie, aangesien dit nie onwettig geskied het nie.

Die kommissie wys egter daarop dat taxi-operateurs wat saamsweer en doelbewus taxitariefverhogings instel sonder dat die voorgeskrewe proses gevolg is, vervolg kan word.

’n Formele ondersoek kan ingevolge die wet op mededinging ingestel word, en hulle kan strafregtelik en siviel vervolg word.

Die kommissie doen in sy verklaring ’n beroep op taxi-operateurs om nie tariewe te verhoog voordat die padvervoerraad dit nie goedgekeur het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!