Taxi-amok nu00e1 verwarring
Taxi-amok nu00e1 verwarring

Taxi-amok ná verwarring

Tussen 50 en 80 taxibestuurders het Dinsdag chaos in die hoofstad veroorsaak.
Maria Eiseb
Maria Eiseb

Ontevrede taxibestuurders het die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) en die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) daarvan beskuldig dat hulle Dinsdag onenigheid en verwarring in die hoofstad veroorsaak het.

Die oog van dié storm is ’n beplande optog wat op die dag sou plaasvind.

Volgens die ontevrede taxibestuurders sou hulle gister aan ’n optog deelgeneem het van die oop area oorkant die Windhoek-stadspolisie se hoofkantoor af na die ministerie van werke en vervoer om ’n klagskrif aan die ministerie se permanente sekretaris te oorhandig.

Die beplande optog het egter nie plaasgevind nie en dít het ’n hewige woordewisseling onder die taxibestuurders ontketen.

Weens verwarring oor wanneer die optog sou plaasvind, het sommige bestuurders vir die optog opgedaag en ander nie.

Diegene wat wel opgedaag het, was woedend omdat die twee taxi-unies se oggend- en aandpraatjies glo van mekaar verskil het.

Die twee leiers van die onderskeie vakbonde het mekaar tydens die harwar vir die chaos geblameer.

Volgens mnr. Pendapala Nakathingo, Nabta se algemene sekretaris, het hy en die president van die NTTU, mnr. Werner Januarie, ooreengekom om die optog uit te stel.

Hierdie boodskap is gevolglik op nasionale televisie deur Nakathingo aan die publiek oorgedra.

“Ek weet nie hoekom Januarie nie ook aan die mense gesê het die optog is uitgestel nie, nou dink die mense ek wil dit afstel,” het Nakathingo gesê.

“Die aankondiging wat ek op NBC gemaak het, was nie iets wat ek uit my duim gesuig het nie. Dít was waarop wat ons as vakbonde ooreengekom het,” het Nakathingo gesê.

Januarie ontken dit egter.

Volgens hom was daar nie ooreenstemming oor die uitstel van die optog nie, en ook nie oor die aankodiging daarvan in die media nie.

Een van die taxibestuurders, mnr. Matthew Kavangu, het gesê ’n volle dag is gemors en dit is die vakbonde se taak om toe te sien dat die klagskrif aan die toepaslike owerhede oorhandig word.

“Ons is nie gepla oor hul onenigheid nie, ons is op soek na oplossings vir ons probleme," het hy gesê.

Die taxibestuurders het later, ná hewige woordewisseling onder mekaar en met die vakbondleiers, uiteindelik die klagskrif aan die waarnemende permanente sekretaris, mnr. Cedric Limbo, oorhandig.

Limbo het tydens die oorhandiging gesê die ministerie sal die klagtes oorweeg en met die betrokke partye bespreek.

Die taxibestuurders kla onder meer oor onregverdige boetes, die afbetaling van boetes, die 20%-verhoging in taxifooie, die kwessie van padinfrastruktuur en die opskorting van lisensies.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!