Tawwe Anri durf die onmoontlike aan

Bergfietsry
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Met haar tweede probeerslag het Anri Parker vanjaar die vyfde weergawe van The Munga-ultramarathon oor 1 080 kilometer suksesvol getem en in bietjie meer as vier dae 1 uur en 32 minute gewen.

The Munga van Bloemfontein in die Vrystaat deur die Tankwa Karoo na die Doolhofwynlandgoed naby Wellington in die Boland het van 27 November tot 2 Desember plaasgevind.

Dit is ’n monsterbergfietsmarathon van meer as 1 000 km wat deur individuele ryers binne vyf dae met beperkte ondersteuning geklop moet word.

Die 49-jarige Parker, wat verlede jaar vir die eerste keer aan The Munga deelgeneem het, het water op die longe ontwikkel en moes in 2018 ná 810 km by Sutherland onttrek.

Vanjaar het sy met meer ondervinding haar terugkeer gemaak om die 1 080 km in 97 uur en 32 minute af te lê.

Met die afskop in Bloemfontein was dit 51 grade Celsius op Anri se Garmin, met ’n sterk wind van voor.

Sy sê die meeste van die ryers het hopeloos te vinnig begin en die eerste houe het by die eerste waterpunt geval waar ryers uitgeput tou opgegooi het.

Met 10 waterpunte vir die hele roete moes ryers sorgvuldig beplan, maar onkundige ryers het oorboord gegaan en was gou deel van die statistieke. Anri vertel sy het Genine Stewart, die vorige jaar se vrouewenner, die Woensdag tussen 19:00 en 20:00 ingehaal en saam met haar begin ry.

By Britstown was sy onder die top-13-ryers en sy en Stewart was twee minute van mekaar geskei, maar by Pampoenpoort het Stewart halt geroep. Sy was uitgebrand en kon nie met die marathon voortgaan nie. Ná Sutherland het die Oubergpas voorgelê, wat nie met ’n fiets gery kan word nie.

“Die plekke is onbegaanbaar en ons moes maar die fietse daar uitsleep en stoot, en dit was nie die enigste plek nie,” vertel sy ekslusief aan Republikein.

Op die laaste dag (Sondag) was sy ongeveer 60 km voor die naaste vrou, maar Anri het ’n verkeerde afdraai geneem en baie tyd verloor.

Genadiglik het sy selfoonontvangs gehad en ’n dringende oproep van haar man ontvang om haar daarvan in te lig.

Anri vertel sy moes 19 km ry om weer op die regte roete te kom, en het só kosbare tyd verloor, maar het daarin geslaag om haar voorsprong te behou. By Ceres het sy vir oulaas die Bainskloofpas uitgeklim voordat sy na Wellington en die Doolhoflandgoed afgedaal het, waar die ultramarathon geëindig het.

Parker sê sy was verpletter toe sy verlede jaar ná 810 km die kompetisie vaarwel moes toeroep. Vanjaar het sy die bul anders by die horings gepak.

“Ek het The Munga verlede jaar siek begin, maar vanjaar was ek baie beter voorbereid vir dié ultra-uitdaging. Ek het beter tydens my oefenprogram geëet en baie meer geslaap. Daar was struktuur in my oefenprogram, wat beslis ’n verskil gemaak het.

“Ek het byvoorbeeld kragslapies (power naps) geoefen, wat ek tydens die marathon gebruik het. Daar is nie tyd om iewers te oornag en ’n volle nag se slaap in te kry nie! Dan sou ek te veel tyd verloor het. Ek het tussen 15 en 20 minute op ’n slag geslaap.

“Ek het een keer sommer daar langs die pad omgeval en ’n rukkie geslaap, anders het boere ’n matrassie buite beskikbaar, waar jy ’n paar minute se slaap inkry.

“Ek het 133 888 kiljoules (32 000 kalorieë) in die vier dae verbrand. Kos wat die ryers eet, kry ons by die boere langs die pad. Ek het byvoorbeeld pap en wors, asook spek en eiers gekry. Verder het ek elke dag van drie liter Coke en tjoklitmelkies gelewe.

“Daar was wel elke 70 km tot 100 km ’n waterpunt, maar verder moes ons alles op die fiets saampiekel wat ons langs die pad sou nodig kry. Die hele roete is op grondpad en daar is ook die ongenaakbaarste enkelspoorpaadjies.

“Sprake van bad is nie daar nie. Wannneer ’n dam met ’n krip langs die pad opduik, gebruik jy maar die geleentheid om pens en pootjies in die krip te klim om jou af te koel. Ek het water uit die dammetjies geskep om my watervoorraad aan te vul.

“Ons is verby Van der Kloofdam (224 km) en deur plattelanse dorpies soos Britstown, Loxton, Sutherland (810 km), Fraserburg en Ceres voor ons die eindpunt bereik het. Die enkelspoorgedeeltes het voor elke dorp opgeduik. Ek is deur 70 plase waar ek 115 hekke oop en toe moes maak . . . en elke hek het anders as die vorige een gewerk!

“In die nagte het dit koud geword (6 grade), en een keer het ek 52 grade Celsius gemeet. By Sutherland het ’n hittegolf en ’n wind van 66 km per uur my reg van voor geteister. Ek het meer as 11 kg op die fiets saamgery, wat die totale gewig van die fiets oor die 20 kg laat kreun het.

“Vanjaar was ek werklik geseënd, want ek het nie een pap band gehad nie. Verlede jaar was daar te veel om op te noem. Die Namibiërs se ondersteuning was ongelooflik en die boere langs die pad wou ons net bederf.

“Maklik was dit nie. As iemand vir jou sê die Munga is geen grap nie, lieg hy nie. Maar ek het dit steeds geniet.

“Mense het my gebel en bemoedigende boodskappe per WhatsApp gestuur. Dit is eenvoudig net mind-blowing. Ek wil vir die Here al die eer gee en dankie sê dat hy so mooi na my gekyk het en vir alles wat hy vir my gedoen het en dat Hy my beskerm het. Glory to the King!”

Vyf ure en 26 min ná Parker was Elaine Beytell in 102:58:00 tweede en Nicky Booyens derde met ’n tyd van 104:52:00.

In die mansafdeling het Kevin Benkenstein en Thinus Redelinghuys besluit om die eerste plek te deel en in 56:46:00 saam deur die eindstreep te ry.

Vriendskap was vir die twee belangrikker as ’n solo eerste plek.

Geen tweede plek is toegeken nie, en die Portugese ryer Marco Martins, die 2017-kampioen, is derde in 65:36:00 geplaas.

Net 82 uit 152 ryers kon The Munga voltooi.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° #N/A #N/A