Tate Simeon gee kleur aan oggendverkeer

Tanja Bause
Tanja Bause - Mense wat soggens of smiddae met Onafhanklikheidsrylaan Katutura toe ry, moes al vir mnr. Simeon Abraham, oftewel Tate Simeon, op sy fiets gesien het.

Mens kan die man op sy grasgroen fiets, wat met dinosourusse versier is, nie miskyk nie.

Op Tate Simeon se valhelm is Toothless, die swart drakie uit die kinderfliek How to Train your Dragon, met kabelbinders vasgemaak.

“Die draak op my helm kyk vir die bestuurders en hul passasiers as ek my kop van kant to kant draai. Die mense toeter, waai en lag elke oggend vir my as hulle verby my ry,” sê hy.



Elke oggend om 07:00 klim Tate Simeon in die Havana-woonbuurt in Windhoek op sy fiets en ry tot in Eros, waar hy werk.

Smiddae om 17:00 ry hy dieselfde roete terug huis toe.

“Dit vat my sowat ’n uur om by die werk of huis te kom,” sê hy.

Tate Simeon werk al die afgelope 15 jaar by dieselfde maatskappy in Eros en ry elke dag met sy fiets werk toe.

“Die groen fiets is redelik nuut. Ek het dit by my vorige baas gekry toe myne te oud geword het,” het hy gesê.

Die drake en dinosourusse het hy in asdromme in Eros ontdek.

“Maandae is vullisdag en dan sit die mense hul asdromme buite. Ek het verlede jaar toevallig een van die dinosourusse ontdek en nou kyk ek elke nou en dan of ek nie nóg een vir my fiets kan kry nie. Dalk kry ek ander goed wat ek net kan vasmaak, soos die klein houtuil wat agter op my fiets vasgemaak is.”

’n Spiderman-masker is pryk ook aan sy fiets se agterkant.

“Hy kyk vir die voertuie wat agter my ry,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!