Tanzaniu00eb soek elektrisiteit, nie bome
Tanzaniu00eb soek elektrisiteit, nie bome

Tanzanië soek elektrisiteit, nie bome

Die Tanzaniese regering soek glo nou kopers vir die hout van 2 657 842 inheemse bome wat rondom die Rufijirivier uitgekap gaan word.
Elise Tempelhoff



Omgewingsbewaarders is op die oorlogspad omdat die Tanzaniese regering 143 638 22 ha (54 600 vierkante kilometer) se woude in die middel van die Selous-natuurreservaat, 'n wêrelderfenisgebied, wil uitkap om plek te maak vir 'n enorme hidroëlektriese skema.

Conservation Action Trust (Cat) het gesê die Tanzaniese regering soek nou kopers vir die hout van 2 657 842 ­inheemse bome wat rondom die ­Rufijirivier uitgekap gaan word.

Dos Santos Silayo, uitvoerende hoof van die Tanzaniese Bosboudienste, het aan die ingenieurstydskrif Construction & Civil Engineering News gesê die aanvraag vir tenders vir die hout is Woensdag gepubliseer en aanbiedinge daarvoor sluit vandag.

Die Tanzaniese regering meen as hy die ­inheemse hout verkoop, behoort dit US$62 miljoen (sowat R770 miljoen) tot die staatskoffers by te dra. Intussen het die regering ook vir 'n lening by die Afrika-ontwikkelingsbank aansoek gedoen om die hidroëlektriese skema te finansier. Volgens Cat is dit in hierdie stadium onseker of die beoogde $62 miljoen ­gedeeltelik of in die geheel vir die ­hidroëlektriese skema sal kan betaal.

Die Wêreldnatuurfonds (WWF) het in 'n verklaring gesê 'n hidroëlektriese skema en 'n gepaardgaande dam in die Rufijirivier gaan 'n vernietigende uitwerking op dié natuurreservaat en op sowat 200 000 mense stroomaf hê wat 'n bestaan daaruit maak om vis te vang.

Ondanks die feit dat die Wêreldbewaringsunie en die Verenigde Nasies se opvoedkundige, wetenskaplike en kulturele organisasie (Unesco) die Tanzaniese regering versoek het om van die plan af te sien, wil dit nou voorkom asof hy daarmee gaan deurdruk, sê die WWF.



HIDROëLEKTRIESE SKEMA

Bouwerk aan die Stiegler's Gorge- hidroëlektriese skema begin volgens regeringsbronne in Junie en sal 2 100 MW krag aan Tanzanië se 53 miljoen inwoners lewer.

Bronne in Tanzanië het aan Cat gesê daar is geen burgerlike protes oor die regering se planne nie en die staat se agentskap wat na die bewaring van natuurreservate in die land moet omsien, is ook glo doodstil.

Unesco het in 'n verklaring gesê die Wêrelderfeniskomitee hou Tanzanië se planne vir die hidroëlektriese projek die afgelope paar jaar “noukeurig” dop. “Ons het op verskeie geleenthede ons uiterste kommer daaroor uitgespreek en die regering gevra om ten volle op die hoogte te kom van die onomkeerbare en ernstige beskadiging van hierdie natuurerfenis van buitengewone internasio­nale belang.”

In 'n onlangse brief aan pres. John Magufuli van Tanzanië het Audrey Azoulay, Unesco se direkteur-generaal, geskryf “ons is bekommerd dat die besluit om met hierdie projek voort te gaan, 'n vernietigende uitwerking sal hê op Selous se unieke ekostelsel en dat dit volhoubare ontwikkeling in die wiele gaan ry”.

Selous is in 1982 weens sy “buitengewone biodiversiteit” as 'n Wêreld­erfenisgebied geproklameer. Dit is in 2014 op Unesco se lys vir bedreigde erfenisgebiede geplaas weens 'n vlaag stropery waarin daar sowat 95% van die reservaat se olifante uitgewis is.

Die reservaat huisves van Afrika se laaste troppe leeus en bedreigde wildehonde.



MISNOEë

Intussen het ­bekommerde mense van oor die wêreld heen op Twitter hul misnoeë oor die regering se plan uitgespreek.

African Parks twiet: “Kommerwekkende nuus oor die grootskeepse afkap van bome in een van Afrika se mees gevierde wildernisgebiede.”

Die Tanzaniër Carol Ndosi twiet aan haar 160 382 volgelinge: “tien treë vorentoe en 100 treë terug.”

Caroline Hurray, 'n reisskrywer, twiet: “Bewaringsbewustes is woedend oor die Tanzaniese regering se planne.”

Mxolisi Sibanda van die WWF in Brittanje sê: “Dit sal 'n tragiese dag wees as dit gebeur!” 

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!