Talle pogings tot moord
'n Seun het sy ma glo met die vuiste aangerand en geskop voor hy haar met 'n pyl en boog geskiet het.
Tanja Bause
Vrydag is 'n 45-jarige vrou na bewering deur haar seun aangerand en met 'n pyl en boog geskiet.
Die voorval het omstreeks 17:00 by die Omeyatahekel-cuca-winkel in die Ohangwenastreek plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die seun sy ma glo met sy vuiste aangerand en geskop voor hy haar met die pyl geskiet het.
Sy het matige beserings opgedoen en die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
Twee mans het Saterdag omstreeks 15:10 glo klere van 'n wasgoedlyn in Kuisebmond gesteel. 'n Buurman het dit gesien en die huiseienaar daarvan in kennis gestel. Die verdagtes het weggehardloop en die buurman het waarskuwingskote afgevuur.
Een van die verdagtes (19) is in die been getref en in die staatshospitaal op Walvisbaai opgeneem.
Alle gesteelde items is teruggekry en die eienaar het nie 'n saak aanhangig gemaak nie.
Die buurman (35) is in hegtenis geneem en beslag is op sy (wettige) vuurwapen gelê. Die man het gesê die gewonde verdagte en sy vriend het al voorheen items van sy huis gesteel en twee strafsake is al by die Kuisebmond-polisiekantoor geopen. Die verdagtes is steeds op die vlug.
Saterdag tussen 20:00 en 21:00 is 'n man (28) in die DRC- informele nedersetting op Swakopmund glo met 'n byl deur 'n ander man (46) aangerand.
Die slagoffer het die verdagte na wat verneem word N$4 200 geskuld.
Die verdagte het na bewering 'n kragopwekker uit die slagoffer se huis geneem en wou dit hou tot hy sy geld terugkry. 'n Stryery het glo ontstaan toe die slagoffer sy kragopwekker wou gaan haal. Die slagoffer het ernstige kopbeserings opgedoen en is na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas. Die verdagte is in hegtenis geneem.
Ná 'n bakleiery in die Usab- informele nedersetting op Karibib het 'n man (21) 'n ander man (40) na wat verneem word met 'n mes in die rug en sy gesteek. Die slagoffer is met ernstige beserings in die staatshospitaal op Usakos opgeneem en die verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie