Talle dood, huise verwoes ná swaar reën in Japan
Ongekende swaar reën, oorstromings en modderstortings het reeds minstens 64 mense se dood in Japan veroorsaak. Miljoene inwoners is gedwing om te vlug van die vloedwater nadat riviere se oewers oorstroom het.
Talle mense is steeds vasgekeer in hul wonings of op huise se dakke. Bogemiddelde reën het die afgelope paar dae die weste van Japan getref en kolkende rivierwater in dorpies en stede laat instroom.
“Ons het nog nooit hierdie soort reën ervaar nie,” het ’n amptenaar van die Japannese weerburo op ’n nuuskonferensie gesê. “Dit is ’n uiters gevaarlike situasie.”
Minstens 64 mense is reeds dood en nog 44 is soek, berig die nasionale nuusdiens NHK.
Onder die vermistes tel ’n negejarige nadat hy deur ’n modderstorting in sy huis vasgekeer is. Die modderstorting het ook die lewe van ’n 80-jarige man en twee ander mense geëis. Sommige inwoners het al hul besittings verloor nadat hul huis deur die vloedwater meegesleur is.
“Al wat ek oor het, is wat ek op die oomblik aan het,” het ’n geredde vrou aan NHK gesê terwyl sy desperaat aan ’n poedelhond klou.
“Ons het na die tweede verdieping gevlug, maar toe hou die water net aan met styg. Ons vlug toe na die derde verdieping,” het sy bygevoeg.
Die Japannese regering het ’n noodbestuursentrum by Shinzo Abe, die premier, se kantoor opgestel en sowat 54 000 reddingswerkers van die weermag, polisie en brandweer is oor die land heen ontplooi.
“Daar is steeds baie mense wat vermis word of hulp nodig het,” sê Abe. “Ons veg teen tyd.”
Noodwaarskuwings bly van krag in groot dele van Japan met nog 300 mm se reën wat vir Maandag voorspel word.
Twee miljoen mense is reeds aangesê om hul huise te verlaat met ’n verdere 2,3 miljoen wat ook binnekort gevra kan word om dieselfde te doen. – Netwerk24/Reuters/ verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie