Tafels vol inspirasie
Die mens put inspirasie uit baie goed in die lewe. Party kry ’n inspuiting deur na rose te kyk en ander kan langs die see sit en ure lank deur die branders meegevoer raak. Almal het iets wat hul skeppende ratte aan die draai kry. Wat is joune? Weet jy al? Indien nie, het jy al gehoor van Inspirasie Tafels?
Maak nie saak wat jou skeppende vermoëns prikkel nie, die kanse is goed dat jy dit by vanjaar se leefstylekspo sal sien. Of dit nou kleur, styl of patrone is wat die ding vir jou doen, Inspirasie Tafels het dit!
Vir die tweede keer in die geskiedenis vind hierdie leefstyl-ekspo weer in die hoofstad plaas.
Die span agter die ekspo het vanjaar nog meer moeite gedoen om die geleentheid lekkerder, groter en aanlokliker as laas jaar te maak.
“Dit was vir ons belangrik om te hoor wat die publiek wou hê. Ná afloop van verlede jaar se Inspirasie Tafels kon ons maklik sien wat werk en wat het aandag nodig. En dis presies wat ons so opgewonde oor vanjaar se ekspo maak. Ons het al die haakplekke en struikelblokke uitgestryk en die ekspo met baie nuwe idees aangepak,” het Ronel van Wyk, medestigter van Inspirasie Tafels, gesê.
Dit bly maar lekker om geïnspireerd te wees. Só kan mens ’n hele nuwe uitkyk op die lewe kry. Inspirasie beteken niks is te erg of te groot om aan te pak nie. Die idee van Inspirasie Tafels is om jou eie skeppendheid te prikkel – en jy het nie noodwendig sakke vol geld nodig nie. Nog minder hoef jy die spaarvarkie onder die bed uit te haal of te breek.
Die ekspo se stigters wil die leefstyl-ekspo vir almal toeganklik maak. Al wil jy nie iets koop nie, kan jy steeds gaan om geïnspireer te word.
Inspirasie Tafels vind van 30 Augustus tot 1 September by Windhoek se skougronde plaas.
Besoek webtickets.com.na/events vir meer inligting en kaartjies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie