Sygnia, Deloitte se paaie skei ná boekhou-skandaal

Hoof uitgesproke teen staatskaping

14 June 2019 | Sakenuus
Hanlie Stadler – Sygnia is vir die tweede keer in minder as twee jaar op soek na ’n nuwe eksterne ouditeur.

Die maatskappy het pas op Sens aangekondig sy paaie gaan skei met dié van Deloitte. Deloitte is aangestel in die plek van KPMG, wat Sygnia in Augustus 2017 laat gaan het as sy eksterne ouditeur.

Volgens die Sens-verklaring het Sygnia se direksie op ’n direksievergadering op 21 Mei besluit om ’n alternatiewe eksterne ouditeur te soek gegewe “onbevredigende interaksie met Deloitte”, maar ook weens die “reputasierisiko wat met die firma verband hou”.

Dit kom nadat boekhou-ongerymdhede by die suikerfirma Tongaat Hulett ontdek is wat as ’n tweede Steinhoff beskryf word. Deloitte was ook Steinhoff se ouditeurs.

Bernard Agulhas, uitvoerende hoof van die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba), het verlede week gesê Irba wil Deloitte ondersoek oor Tongaat se boeke.

Sygnia sê Deloitte is op 5 Junie ingelig dat die firma ’n ander ouditeur soek en dat die beëindiging van Deloitte se kontrak op 13 Junie op ’n vergadering die direksie se ouditkomitee bekragtig sou word, waarna Deloitte op 11 Junie self bedank het.

Yolisa Tyantsi, Deloitte se hoof van reputasiebestuur in Afrika, sê die maatskappy lewer nie kommentaar op verhoudinge met kliënte nie. Sy was egter nie bewus van Sygnia se Sens-verklaring en die aantyging dat Deloitte ’n reputasierisiko inhou nie. Verdere vrae is aan Deloitte gestuur en die firma se reaksie sal berig word indien of wanneer dit ontvang word.

Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die batebestuursfirma, is uitgesproke teen staatskaping. Sygnia was in Augustus 2017 die eerste firma wat KPMG as sy eksterne ouditeur afgedank het.

KPMG was die ouditeurs van Linkway Trading, een van die onderneming van die Gupta-familie.

Hierna het tientalle groot firmas KPMG se dienste beëindig.

Twee weke gelede het Sygnia bekend gemaak sy bates onder bestuur en administrasie het van einde Maart ’n jaar gelede skerp met 26% of sowat R48 miljard tot R228,1 miljard gestyg.

Die direksie skryf dit toe aan “die positiewe publisiteit wat die sterk, aktivistiese standpunt teen korrupsie vir die Sygnia-handelsnaam meegebring het”, asook die deursigtige gelde wat hy op sy beleggingsprodukte hef.

“Sygnia se kostedoeltreffende digitale bemarkingsveldtog en sy openbare standpunt teen korrupsie wat ingeneem is in ’n tyd waar ander maatskappye stilgebly het, het tot die verhoging in bewustheid oor die handelsnaam gelei,” het Wierzycka in ’n verklaring gesê.

Sygnia het verlede jaar vir Mcebici Jonas vir sy direksie verkies. Jonas is die voormalige minister van finansies vir wie die Gupta-familie glo in 2015 die pos as minister van finansies in Nhlanhla Nene se plek aangebied het. Hy het geweier.

Sedertdien was Jonas en Pravin Gordhan, wat later sy minister geword het, gereeld op verhoë landwyd aan die woord teen staatskaping. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Man vas oor lewende ietermagô

7 ure gelede | Misdaad

'n Man is Donderdag by 'n vulstasie op Okahandja glo met 'n lewende ietermagô in sy besit in hegtenis geneem. Volgens die woordvoerder van...

Polisieman skiet eks glo

10 ure gelede | Misdaad

'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het....

Specialising in skin

19 ure gelede | Gesondheid

Dr Elisah Agaba is a consultant dermatologist at the Ongwediva Medipark university teaching hospital.He is also a senior adjunct lecturer of dermatology at the University...

Resessie slag Namibië

19 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

19 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

19 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...