Switserse burger verloor stryd om grond
Volgens die hof moes die aansoeker se oorlede vader toestemming by mede-eienaars gekry het om aandele in die beslote korporasie oor te dra.
Catherine Sasman
Die hooggeregshof het 'n aansoek deur mnr. Thomas Wyss, 'n Switserse burger, verwerp waarmee hy op 49% van aandele in die beslote korporasie Laconia as deel van sy erfporsie aangedring het.
Laconia besit die plaas Laconia no. 141 in die Otjiwarongo-distrik. Die mede-eienaars van die grond is mnr. Leevi Hungamo, permanente sekretaris van die Nasionale Beplanningskommissie, en sy vrou, Tereza.
Wyss se vader, Kurt, het in Januarie 2011 gesterf sonder dat hy 'n testament nagelaat het. Van die kinders het net Thomas besluit om op mede-eienaarskap van die grond aan te dring.
Die ooreenkoms tussen die eienaars het aan wyle mnr. Kurt Wyss regte gegee oor die bewoning en benutting van die plaas. Bepalings het egter gegeld indien hy sy belange sou wou verkoop, asook oor die verkoopprys.
Met Wyss se afsterwe het die Hungamo's aangedui dat hulle die oordrag van aandele aan enigiemand anders sou teenstaan. Deel van hul argument was dat wetgewing verbied dat buitelanders landbougrond bekom sonder vooraf, skriftelike toestemming deur die minister van grondhervorming.
Mnr. Thomas Wyss het hom hierop op die hoërhof beroep om sy regte te beskerm. Sy aansoek het misluk. Die hoërhof se bevinding was dat 'n boedel nie 'n regspersoon is nie en oor geen grondwetlike regte beskik nie. Volgens die hof het Wyss as erfgenaam geen regte op bates gehad voordat die boedel afgehandel word nie. Die hof het ook bevind dat die ooreenkoms tussen die eienaars onwettig is.
In die hooggeregshof het appèlregter Theo Frank bevind dat wyle mnr. Kurt Wyss net van sy 49% van die aandele in Laconia kon afstand doen met die instemming van sy twee vennote.
Volgens die Hungamo's moes Wyss vooraf toestemming verkry het om sy aandele aan ander persone oor te dra of te verkoop. Hul argument was dat hy nie die keuse uitgeoefen het nie en dat geen grondwetlike regte dus geskend was nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie