Swendelaars teiken families van gevangenes
Die Namibiese Korrektiewe Dienste (NCS) waarsku familielede van gevangenes teen swendelaars nadat ’n bedrogspul aan die lig gekom het.
Die NCS is volgens ‘n mediaverklaring met navrae van die publiek oorval oor betalings wat hulle aan individue gemaak het vir die vrylating van gevangenes op parool.
“Dit volg nadat slagoffers van bedrog oproepe van individue ontvang het wat beweer hulle is korrektiewe beamptes. Soms het hulle regte name gebruik of dié van beamptes wat by ’n spesifieke korrektiewe fasiliteit werk waar ’n gevangene aangehou word,” lui die verklaring.
“Die sindikaat teiken meestal ouer mense met vals beweringe dat die gevangene geld nodig het om op parool vrygelaat te word.”
Volgens die NCS beweer die swendelaars ook dat hulle deur die gevangenes gestuur is om by die familielede om hulp aan te klop.
Die sindikate dring ook glo daarop aan dat die geld aan hulle via e-wallet, bluewallet, easy-wallet of pay-to-cell betaal word.
“Die NCS beklemtoon dat daar onder geen omstandighede betaal word vir mense wat op parool vrygelaat word nie. Daar is voorwaardelike vrylatings waarop gevangenes meriete kry, maar geen betalings word vereis nie.”
Die NCS sê wanneer ’n korrektiewe beampte goedkeuring het om ’n gevangene se familie of vriende te bel om hulle van ’n gevangene se behoeftes of versoek vir geld namens hulle te vra, mag slegs die bankrekening van ’n korrektiewe diens verskaf word om die geld in te betaal – nie via ’n mobiele foon se bankfasiliteite nie. ’n Faksnommer sal ook verskaf word waarheen die bewys van betaling gestuur kan word.
Die NCS doen ook ’n beroep op die publiek, veral van familie en vriende in korrektiewe fasiliteite, om enige soortgelyke bedrog by die naaste polisiekantoor of korrektiewe fasiliteit aan te meld.
Foto: Die NCS se kommisaris-generaal Raphael Hamunyela
Foto Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie