Swemmers landwyd takel langbad-reeks
Marichen Wilson (foto) van DHPS het 'n paar goeie uitslae by die onlangse Pupkewitz Skole-swemgala in Windhoek behaal en ook persoonlike beste tye verbeter. Wilson, wat in die meisies 14 en jonger se ouderdomsgroep meeding, het onder meer die goue medalje in die 50 meter rugslag behaal (38.09 sekondes). Sy was ook tweede in die 50 vryslag (33.04 s), vyfde in die 50 vlinderslag (38.10) en vyfde in die 50 borsslag (45.80). Saam met haar DHPS-spanmaats was hulle algeheel derde in die vryslagaflos. Saam met haar op die foto is haar pa, Peter. Marichen sal ook komende naweek in die laaste langbadgala van die seisoen in Bank Windhoek se reeks meeding. Swemmers van Aqua, Dolphins, Marlins en Phoenix sal mekaar by die Western Suburbs-swembad in Khomasdal die stryd aansê, terwyl Swakopmund en Oranjemund hul Bank Windhoek langbadgalas in hul eie dorpswembaddens aanbied. Die gekombineerde uitslae sal die finale uitslae bepaal. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie